Kyk dié koffiestasie vir die (Addo)nasie!

2017-09-28 06:01
=Wanneer jy weer in die Addo-gebied is, draai af na die Hermitage-stasie vir ’n lekker koppie boeretroos op die Nederlandse manier.

=Wanneer jy weer in die Addo-gebied is, draai af na die Hermitage-stasie vir ’n lekker koppie boeretroos op die Nederlandse manier.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die groot lekkerte van agter-padvat in die Oos-Kaap is dat jy op die vreemdste plekke mense kry wat ’n interessante projek, winkel of padstal begin het.

Neem nou byvoorbeeld die kuierroete al langs die R336 tot by Addo, dan kry jy die Hermitage-stasie met sy breë perron anderkant die spoorlyn.

Net sodra jy begin dink dis maar net nog ’n verlate stasie langs ’n verlate spoorlyn, trek die reusagtige koffiebekers langs die pad jou oog. Dis veeltalige koffiebekers daai - Engels, Afrikaans en Nederlands.

Die groot pers koffiebeker, van motorbande gemaak, staan op die dak langs ’n geroeste fiets.

“Neem een hapje,” nooi die laaste beker in die ry.

Flikkerlig aan. Loertyd. Dalk vind jy hier nog baie ou kosbare boeke. Op die perron staan selfs ’n blou klavier. Lekker man, lekker.

In die eens-stasiekantore vind jy sitkamerstel, kroegtoonbank, skilderye, houtgekerfde bobbejane en nog ’n hele spul ander dinge. Selfs boeke, maar nie Lawrence Green of TV Bulpin of so nie.

Dis eers nadat ’n mens kyk-kyk begin terugloop na die deur waar jy ingekom het, dat jy oplet jy het eintlik so half ongeskik verby die mense agter die ander toonbank gestap.

Die vriendelike vrou praat vlot Afrikaans, maar haar aksent verklap ’n ander land.

Sy lag, sê haar naam is Lammy Kruid, sy kom oorspronklik van Nederland en het al die afgelope 17 jaar in die Suid-Afrikaanse gasvryheidsbedryf gewerk.

“My droom was nog altyd ’n coffee shoppie op ’n stasie.

“Ek het al baie verby Hermitage-stasie gery en toe, eendag, tref dit my : maar hier kan ek my coffee shoppie oopmaak.”

Die stasiekantore was op daardie tydstip bloot stoorplek van meubels en huisraad vir ’n plaaslike afslaer en Lammy het met die man gaan onderhandel.

”En hier is ons nou! Dis nou ek en Rosslyn Frederick, plaaslike inwoner en tussen ons twee maak ons nie eetgoed nie, maar smulgoed!”

En die trein loop nie meer nie?

“Net twaalfuur saans...dis die spooktrein!” antwoord sy laggend.

Ek kyk na die spoorlyn, sien die enigste ding wat daar loop, is ’n bees...en ek wonder hoe dit in die ou dae was.

Ons loop al weg, toe roep Lammy :

“Bedank asseblief al die mense van Addo wat so vriendelik is en ons so goed onder- steun!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.