Kyk #geeReg voor jy weer vir bedelaar gee

2016-04-21 06:00
=Jong manne wat bedel is gewoonlik in staat om te werk, maar solank daar vir hulle geld gegee word sal hulle aanhou bedel.                           Foto: VERSKAF

=Jong manne wat bedel is gewoonlik in staat om te werk, maar solank daar vir hulle geld gegee word sal hulle aanhou bedel. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Lees mooi wat op die kartonbord van ’n bedelaar op jou naaste hoek staan as jy weer wil geld gee.

Dié bedelaar mag dalk ’n vrywilliger of personeellid van Solidariteit Helpende Hand wees wat jou daarop wil wys dat jy dalk onnadenkend gee.

Helpende Hand se 150 takke met meer as 300 van Solidariteit Helpende Hand se personeel, vrywilligers en ondersteuners gaan op straathoeke en by verkeersligte staan en bedel met onkonvensionele gesegdes op kartonborde.

#geeReg projek

Dit is alles deel om bewusmaking te skep vir die #geeReg projek. Borde bevat kontroversiële boodskappe soos “jou geld voer my dwelmverslawing” en “gee my geld om dwelms te koop asseblief”.

Hierdie taktiek is daarop gemik om die publiek daarop te wys dat daar onnadenkend en om verkeerde redes aan Bedelaars gegee word.

In ’n kwalitatiewe studie wat deur Helpende Hand onderneem is het respondente beweer dat tot 90% van blanke bedelaars aan dwelms verslaaf is.

Die organisasie glo dat skenkings eerder aan betroubare instansies gemaak moet word wat hulle daarop toespits om armes by te staan op ’n konstruktiewe manier.

“Wanneer die publiek aan bedelaars op straat geld gee, verkeer mense onder die wanindruk dat die geld vir lewensmiddele soos voedsel en kleding aangewend gaan word. Min mense besef egter die skade wat hulle aanrig deur geld vir bedelaars te gee,” sê Lizelle Joubert, projekorganiseerder by Helpende Hand.

Dr. Danie Brink, uitvoerende hoof by Solidariteit Helpende Hand sê, “Wanneer ons iets vir iemand gee of doen wat hulle in staat is om vir hulself te doen, is ons besig met giftige hulp.

“Ons doen dit gewoonlik vir jong mans wat by ’n verkeerslig staan en bedel.

“Hierdie jong manne is gewoonlik heeltemal in staat om ‘in die sweet van hulle aan-gesig hulle brood te verdien’, maar ons gee vir hulle geld of goed en maak asof hulle nie daartoe in staat is nie.”

#geeReg dokumentêr

Die #geeReg projek gaan hand-aan-hand met die bekendstelling van die dokumentêr Bedwelmd wat vandag in Pretoria bekendgestel word. Die dokumentêr bestaan uit gesprekke met gerehabiliteerde dwelmverslaafdes en is daarop gemik om mense bewus te maak van die gevare om onnadenkend geld vir bedelaars te gee.

  • Die dokumentêr sal later vandag gratis beskikbaar wees op die internet. Besoek gerus www.geereg.co.za om dit te sien. (-Heilie Combrinck)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.