Legendariese man met hart vir stampkarre gegroet

2016-12-15 06:02
=Atta Victor gee die waterwa vet op Victory Raceway, die renbaan waaroor hy passievol was.

=Atta Victor gee die waterwa vet op Victory Raceway, die renbaan waaroor hy passievol was.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die legendariese motorsportman Atta Victor is verlede Vrydag op ’n besonderse manier gegroet met ’n begrafnisdiens by die Victory Raceway renbaan.

Victor is in die ouderdom van 69 aan ’n hartaanval dood. Sy naam was dekades lank sinoniem met stampkarre.

“Stampkarre was sy lewe, en almal op die baan het Atta geken,” vertel Johan van Eck, wat Victor deur hul jarelange deelname aan motorsport geken het.

“Atta was altyd die man met die mooiste karre, want hy kon iets in sy kop sien en het geweet hoe om dit te bou en mooi te maak.“

Victor het in die 1980’s uitgetree uit motorsport nadat hy hom as nasionale en provin- siale kampioen gevestig het. Hierna het hy Custom City gestig, waar hy sy talent ingespan het om lykswaens en limousines te bou.

“Atta was die hart van dié plek, ons sal hom onthou vir sy toegewydheid.”

Sy dogter, Vicky Gillmer, getuig ook van sy harde werk.

“Die dag voor sy dood het my pa nog aan ’n lykswa-projek gewerk,” vertel sy. “Hy was op sy gelukkigste wanneer hy kon kyk hoe renjaers jaag om die baan wat hy voorberei het.

“Ons as kinders gaan die stywe drukkies mis, die grappies en ou stories wat hy vertel het – maar ons berus ons dat hy by Jesus is en ons hom weer sal sien.”

Victor se begrafnis is deur Brian van Willing, ’n jarelange vriend van die oorledene waargeneem en sy oorskot is vervoer in een van die laaste lykswaens wat Victor se seun, Pieta, gebou het.

Victor het die eerste dubbelkajuit bakkies gebou en Nissan het dit by hom oorgekoop in die laat 1990s.

Daarna het hy Custom City gestig waar hy hoofsaaklik limousines en lykswaens gebou het.

Die langste limousine wat Victor gehou het wat 9 meter lank en dit kon 15 passasiers vervoer. Een van sy limousines is in ’n Leon Schuster fliek gebruik.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.