Mandelabaai se kore op hoë noot!

2017-09-28 06:00
Largo Vocal Ensemble, Uitenhage, Venita van Wyk, ATKV AnimatoPhoto:

Largo Vocal Ensemble, Uitenhage, Venita van Wyk, ATKV AnimatoPhoto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hierdie Sondag gaan die unieke koorklanke van Nelson Mandelabaai hoog opklink in Johannesburg wanneer twee kore in die finale ronde van die ATKV se Animato-koorkompetisie optree.

Die een koor is dié van die Dalestraat Congregational kerkkoor in Uitenhage en die ander die Largo Vocal Ensemble, saamgestel uit vroue van Uitenhage, Despatch en Port Elizabeth.

Vroeër die maand het die Largo Vocal Ensemble juis ’n Sondagmiddagvertoning gehou om geld vir vervoer na en verblyf in Johannesburg in te samel.

Die lekkerkry straal só uit hul gesigte wanneer hulle sing, dat hul unieke klanke jou eers ’n paar sekondes later tref.

En dis ook net reg dat hulle só lyk en klink wanneer hulle optree, want van hulle is dan nou juis koorafrigters en/of onderwyseresse.

“Ons moet die kore leer sing, maar ons kry nie kans om self te sing nie, toe besluit ons dit is tyd om ons eie groep te stig,” sê Venita van Wyk, lid van Largo, voorsitter van die Nasco (Northern Areas School Choir Organisation) kinderkoor én afrigter van die Dale-straat Congregational koor.

Moet net nie vir Venita vra hoe kry sy tyd vir alles nie, want dan kry jy die “koor- toespraak” en dit is onder meer dat enigiemand wat koor sing, weet hoe om vorentoe te beplan en sy of haar tyd te bestuur sodat hulle nóg meer kan sing!

Daarom is dit seker nie verbasend nie om te hoor dat die Largo-lede dadelik gretig was toe Amanda Engelbrecht, koorafrigter by Westering hoërskool, verlede jaar hardop gewonder het of hulle nie hul eie koor moet stig nie.

“Ons het haar toe kliphard begin druk,” sê Sonja Bezuidenhout, wat saam met Venita en Amanda die stigterslede van die Largo Vocal Ensemble is. Sonja is ’n onderwyseres en koorleier by die Blouwaterbaai gemeenskapskool.

Die “lot” het op Amanda geval om Largo se koorleier te wees.

Skaars was hulle aan die sing of die versoeke begin instroom vir optredes, vertel Venita.

“En dít het ons laat besluit - wag, laat ons inskryf vir die streeksuitdunne vir die ATKV se Animato-koorkompetisie, kom ons wys hulle watter uitstaande koormusiek kom hier uit die Baai.”

Sy het ook die Nasco kinderkoor en die Dalestraat Congregational koor ingeskryf. Dalestraat het ook deurgedring na die eind-ronde.

Die ouderdomme van dié koor se 50 lede wissel tussen 16 en 76.

“Uit tien finalis-kore, selfs van sover as Namibië, kom twee uit Nelson Mandelabaai! Wat sê dit vir jou? Dit sê ons het dit!” sê Venita.

Die klippie in die koorskoen is dat alle belangrike kompetisies buite die Mandelabaai-streek gehou word en dat daar geen munisipale- en/of provinsiale ondersteuning is wanneer die koorlede so ver moet reis nie.

Maar onderkry is min, en dié twee kore het enigiets van fondsinsamelingskonserte tot die die verkope van kerrie en rys aangepak om hul reis- en verblyfonkostes te kan betaal.

“Ons kon darem ook een bus vir ons twee kore huur wat die reiskoste ook verder sny,” sê Venita.

En op hierdie soort positiewe noot wat al ’n kenmerk van Largo, Nasco en Dalestraat geword het, het die Nasco-lede nie dikbek gaan sit toe hulle nie die Animato-finale gehaal het nie, maar kliphard begin oefen om die botoon behoorlik met die volgende belangrike geleentheid te kan voer:

“Ons het reeds ’n uitnoding gekry om volgende jaar by die wêreld koorspele in Gauteng op te tree.

“En my vierjaar- plan met die kleintjies is om hulle oorsee te vat dat hulle óf in Kanada óf in Amerika kan gaan sing,” sê Venita.

Die Animato uitdunne word eerskomende Sondag by die Helpmekaar Kollege in Braamfontein, Johannesburg gehou. Die Largo vroue en Dalestreet Congregational koor vertrek vanaand per bus na Gauteng.

  • Vir meer inligting oor die kore of om hulle te ondersteun bel Venita van Wyk by 083 465 6996.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.