Mula-genade vir dié kleintjies wat help herwin

2017-08-03 06:00
“Boetie, jy hoef nie ál die sop op te eet voordat jy kan huis toe gaan nie!” ’n Lid van die Alpha Leo Club troos hierdie outjie wat gedink het hy mag nie loop voordat sy sop op is nie. Die lede van die Alpha Leo Club het gaan uithelp by die Mula-projek, waar kinders op Woensdae herwinbare rommel na die Allanridge-gemeenskapsaal neem in ruil vir Mula-“geld”, waarmee hulle sekere items kan “koop”. Foto’s: MARISKA SPOORMAKER

“Boetie, jy hoef nie ál die sop op te eet voordat jy kan huis toe gaan nie!” ’n Lid van die Alpha Leo Club troos hierdie outjie wat gedink het hy mag nie loop voordat sy sop op is nie. Die lede van die Alpha Leo Club het gaan uithelp by die Mula-projek, waar kinders op Woensdae herwinbare rommel na die Allanridge-gemeenskapsaal neem in ruil vir Mula-“geld”, waarmee hulle sekere items kan “koop”. Foto’s: MARISKA SPOORMAKER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Met net een besoek aan Uiten­hage se Mula-dag is dit baie gou duidelik dat die algehele bedrag wat uit die ingelewerde herwinbare rommel verdien word, nie naastenby genoeg is om die Mula- “winkel” se voorraad te koop nie.

Quinette Goosen, voorsitter van die Uitenhage Recycling Mula Swop Shop-projek, erken dit dan ook.

“Ons bestee gemiddeld R3 500 na R4 000 per Mula-middag. Ons bedel maar oral, hou verkope en maak staat op die goedhartigheid van die publiek.

“Die kos wat die kinders [byvoorbeeld sop en brood] ná die inlewering van die herwinbare rommel kry, is ook vir ons rekening.

“Soms is daar skenkings soos vandag gedoen deur die lede van die Alpha Leo Club, en verder ook kerke, besighede en skole,” sê Goosen.

By die Allanridge gemeenskapsentrum, waar die Mula Swop Shop is, is elke stukkie plastiek, papier en karton in enige sak wat dit kan hou. Dit is bymekaargemaak deur die kindertjies in die lang ry wat hul beurt by die “weegtannies” geduldig afwag.

Woensdae is Mula-dag. Dan kan Uitenhage se kinders herwinbare plastiek en karton inbring om hul eie Mulas, bereken op die gewig van hul sakke herwinbare rommel, te verdien. Met dié Mulas kan hulle “inkopies” in die Mula-“winkel” doen – enigiets van speelgoed, klere en skoene tot wasseep en kos.

“Hulle kies veral kos,” sê Gloria Hare, wie se taak dit is om die kinders se “inkopies” met hul Mula-punte te vergelyk. “Hulle hou veral van die 2 Minute Noodles.”

Sy het Maart verlede jaar as vrywilliger by die Uitenhage ­Recycling Mula Swop Shop­ projek ingeskakel.

“Ná die eerste dag hier was my hart stukkend gebreek vir die kindertjies; nou is ek die kwaai auntie wat die inkopies opweeg teen die Mulas wat verdien is.”

Net onder die 2 000 kinders is by die projek geregistreer. “Op die Mula-dae daag tussen 250 en 350 kinders op met hul herwinbare produkte, sê Goosen.

In die twee jaar dat Uitenhage se projek aan die gang is, is 37 564 kg se PET-plastiek (poliëtileen-tereftalaat) en 16 434 kg karton uit die omliggende woongebiede ingesamel.

  • Gaan loer by Uitenhage Recycling Mula Shop op Facebook vir meer inligting of bel Goosen by 082 846 3327.

As jy nou kitsdepressie wil hê, moet jy net die Uitenhagepad anderkant Algoapark aan die buitewyke van Port Elizabeth gaan ry, want hier vind jy veld, veiligheidsdraad, boom én bossie bont van die plastiek.

Die toegangspad na Uitenhage se hoofstraat is darem nie so plastiekbesaai nie.

’n Hele ent verder, op teen die bult, loop die hoofstraat verby ’n plakkerskamp en die St Josephs Primary School tot by die Allanridge-gemeenskapsentrum.

Die wintermiddagson bak teen die mure, maar die koue hart van winter heers. ’n Windjie versterk haar ysige hand, maar hier wapper g’n plastiek in die wind nie.

Hiér by die Allanridge­gemeenskapsentrum is elke stukkie plastiek, papier en karton in enige sak wat dit kan hou. Bymekaargemaak deur die kindertjies in die lang ry wat hul beurt by die “weegtannies” geduldig afwag.

Sommige van die boepens-streepsakke staan hoër as die kindertjies wat dit inbring. Baie van hulle het nie eens trui, skoen of langbroek aan nie, maar dis asof hierdie dag se koue nie bestaan nie, die opwinding is te groot.

Dis Woensdag, dis Mula-dag –die dag waarop Uitenhage se kinders herwinbare plastiek en karton kan inbring om hul eie Mulas, bereken op die gewig van hul sakke herwinbare rommel, te verdien.

Met dié Mulas kan hulle “inkopies” in die Mula-“winkel” doen – enigiets van speelgoed, klere en skoene tot wasseep en kos.

Hulle ‘koop’ eerder kos

“Hulle kies veral kos,” sê Gloria Hare, wie se taak dit is om die kinders se “inkopies” met hul Mula-punte te vergelyk, “hulle hou veral van die 2 Minute Noodles.”

Sy het verlede jaar Maart as vrywilliger by die Uitenhage ­Recycling Mula Swop Shop­projek ingeskakel.

“Ná die eerste dag hier was my hart stukkend gebreek vir die kindertjies; nou is ek die kwaai auntie wat die inkopies opweeg teen die Mulas wat verdien is.”

Net onder die 2 000 kinders is by die projek geregistreer. “Op die Mula-dae daag tussen 250 en 350 kinders op met hul herwinbare produkte, sê Quinette Goosen, voorsitter van Uitenhage se Mula-projek (geskoei op die idee van die JBay Recycling Project en die Swop Shop in Hermanus).

In die twee jaar dat Uitenhage se projek aan die gang is, is 37 564 kg se PET-plastiek (poliëtileen-tereftalaat) en 16 434 kg karton uit die omliggende woongebiede ingesamel.

“Nagenoeg 6 540 kg se onherwinbare items is ook uit die woongebiede verwyder,” voeg Goosen, ’n afgetrede onderwyser, by.

Die 2 Minute Noodles is gewild onder kinders, want dit kos twee Mulas om dit te koop – ongeveer ’n groot inkopiesak vol platgetrapte, leë plastiekbottels. Die pakkies rys, suiker en bottels kookolie is ook gewild.

Op hierdie koue Woensdag ná die Julievakansie bring die kinders gróót sakke vol plastiek en karton. Sommiges ry dit selfs met kruiwaens aan. Hulle het die hele vakansie herwinbare rommel ingesamel én dit is die laaste Woensdag voor AllPay (toelae-dag).

Die Mulas

Clivelien Jacobs staan verdwerg tussen haar sakke. “Ek gaan noodles koop . . . en skoolgoete, kryt en potlode.”

Die sakke van haar maatjie Racush langs haar is nóg groter. “Ek gaan noodles én ’n blikkie vis koop – én ’n huis.”

Michelle Mintoor is die grootmens wat ál hierdie “kindersakke” op die weegskaal moet sit.

Die kinders wat hiernatoe kom, is tussen 11 en 13 jaar oud, sê Mintoor.

Dis belangrik dat sy reg weeg, beklemtoon sy, want die gewig van die herwinbare produk word op die rekenaar ingetik en dan volgens ’n spesiale formule na Mulas verwerk.

Dié Mulas word dan op ’n kaartjie geskryf, die kind stap daarmee na die tydelike Mula-winkel en daar help nog een van die baie vrywilligers die kind met sy of haar “inkopies”.

Hierna kry die kind nog ’n gratis koppie sop en ’n toebroodjie en dan kan hy met sy aankope vir die dag huis toe gaan.

Selfs medeleerlinge is vrywilligers – op hierdie dag is dit die lede van die Alpha Leo Club van Uitenhage/Despatch. Hulle praat mooi met die kindertjies wat baie meer kos as hul Mulas wil koop, hulle bedien sop en broodjies dat dit bars, en paai beter as die grootmense wanneer daar nie ’n nommerpas trui of langbroek op die klere­tafel is nie.

Trane oor die sop

Eenkant sit ’n outjie op die koue teëls. Kop gesak oor die blou koppie nog halfpad vol sop tussen sy bene.

Een van die Alpha Leo Club-lede hurk by hom en vra wat fout is.

Hy vee die trane van sy wange en sê hy wil huis toe gaan, maar hy kan nie ál die sop opeet nie. Sy slaan haar arm om sy skouers en help hom regop. Jy kan maar huis toe gaan al is jou sop nog nie op nie, verduidelik sy glimlaggend.

Hy stap by die voordeur van die gemeenskapsaal uit. By die agterdeur is nog ’n lang tou ­kinders wat wag dat hul her­winbare rommel geweeg moet word.

Die son sit al laag, die temperature is nog laer en baie van hulle het nie eens ’n langbroek of truitjie aan nie.

En nêrens in die omgewing sien jy ’n stukkie plastiek in die wind rondwapper nie, want hier het die kinders al geleer: Plastiek en karton is soos goud. Elke stukkie tel om die weegskaal swaarder te laat trek, want hoe hoër die kilogramme, hoe meer die Mulas en hoe meer kan jy in die Mula-winkel koop!

Nou moet iemand net naby die plastiekbesaaide Uitenhageweg by Port Elizabeth met ’n soortgelyke Mula-herwinningsprojek begin, want nie net sal die kinders ’n fortuin uit ál die rondlêplastiek kan verdien nie, maar die toegangspad na die Baai sal uiteindelik nie meer so verskriklik vieslik lyk nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

Makeover saves dog’s life

Lucky Charlie got a complete make-over that helped him get adopted.

 
 

Paws

For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.