‘My dogter het haar aanvaller geken’

2016-05-05 06:00
Micaylen Hendricks (14) van Moeggesukkel se lyk is vyf dae na haar verdwyning in 'n verlate opslaanhuis in Moeggesukkel, net langs Uitenahge, aangetref,  Foto: Morné du Randt

Micaylen Hendricks (14) van Moeggesukkel se lyk is vyf dae na haar verdwyning in 'n verlate opslaanhuis in Moeggesukkel, net langs Uitenahge, aangetref, Foto: Morné du Randt

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“My kind het haar vermeende moordenaar geken. Hy het by ons aan huis gekom.”

Só het ’n gebroke Desireé Ludick (neé Hendricks), ma van die vermoorde Kayla Hendricksgesê.

“Ek is moeg van mense wat stories bylas. My kind het nié met die man boodskappe op WhatsApp uitgeruil voordat sy verdwyn het nie. Sy is ook nie seksueel aangerand nie. Die polisie het wel aan ons gesê dit lyk asof sy verwurg is.”

Kayla, van die Moeggesukkel-nedersetting, het verlede week op Woensdag vermis geraak toe haar ma haar gevra het om vir haar bababoetie ’n doek by ’n nabygeleë winkel te gaan koop. Haar lyk is Sondagaand in ’n opslaanhuis aan die rand van Moeggesukkel gekry.

“Die polisie het aan ons gesê die vermeende moordenaar het my kind by die winkel gekry en onder valse voorwendsels na sy opslaanhuis, reg oorkant die winkel, gelok.

“Sy wou so graag haar eie selfoon hê en hy het glo aan haar gesê sy moet daar gaan kyk na ’n selfoon wat ek en haar pa vir haar kon koop,” het Ludick gesê.

Die verdagte wat die naweek in hegtenis geneem is, het gister in die landdroshof in Uitenhage verskyn. Intussen is die gemeenskap geskok oor so iets helder oordag kon gebeur.

“Die ‘plek’ is ongesond. Dit is al die hoeveelste moord wat die afgelope tyd hier gepleeg is,” het Jonathan Kuka (23), ’n inwoner van Moeggesukkel, gesê.

Nog ’n inwoner, Denzel Matthews (22), het gesê hy voel baie sleg oor Kayla se dood. “Ons almal het haar geken. Sy het dit nie verdien nie. Ek is ook bitter ontevrede oor die misdaad wat so hoogty vier in dié plakkerskamp.”

By die laerskool in Rosedale, Uitenhage, waar Kayla ’n gr. 6-leerling was, het leerlinge Dinsdagoggend gehoor van haar dood.

Larry de la Harpe, hoof van Dalrose Primêre Skool, het gesê hulle is diep bedroef oor Kayla se “onnodige” dood.

“Ons is kwaad en gegrief. Sy was ’n onskuldige kind en haar hele lewe het voor haar gelê. Sy het dit nie verdien nie. Ons gaan seker maak dat die hele skool berading ontvang,” het De la Harpe gesê.

Kayla se klasonderwyser, Vernon Miles, het haar as ’n stil en teruggetrokke kind bestempel.

“Ek het nog [verlede] Dinsdag van haar ’n voorbeeld gemaak in die klas en gevra of die ander nie maar soos sy kan wees nie. Haar dood is ’n groot skok. Ek het nie woorde nie,” het ’n hartseer Miles gesê.

  • Die skool beplan om Vrydag (môre) om 08:00 ’n roudiens vir Kayla te hou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.