’n Breë glimlag vir Kersfees ...

2015-12-03 06:00
; Die span inspireerders van Adopt A Smile. Van links is Ashton Prince (Zipcode Branding Management), Zhané Meintjes (12), Crystal Meintjes, die eerste ontvanger van ’n kunsgebit vir Kersfees Nomathemba Nanto, Ralph Meintjes en Casey Meintjes (7).

; Die span inspireerders van Adopt A Smile. Van links is Ashton Prince (Zipcode Branding Management), Zhané Meintjes (12), Crystal Meintjes, die eerste ontvanger van ’n kunsgebit vir Kersfees Nomathemba Nanto, Ralph Meintjes en Casey Meintjes (7).

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sy kyk in die spieël en trane rol, want vir die eerste keer in jare kan sy glimlag sonder om haar hand voor haar mond te hou. Sy het nou tande.

Priscilla Nomathemba Nanto van Uitenhage is die eerste van 40 gelukkiges om ‘n kunsgebit vir Kersfees te kry. Heeltemal gratis.

Die laboratoriumkoste om ’n vol stel tande te maak, is ongeveer R3 000. Dis geld wat Nanto en baie ander nié het nie, verduidelik Ralph Meintjes, tandheelkunde tegnikus van Uitenhage, wat deur sy Adopt A Smile projek tande na die mense bring wat dit broodnodig het.

Die oorsprong van Adopt A Smile het by ‘n prediker begin, verduidelik Meintjes, wat eens sendingwerk op verre en vreemde plekke oorweeg het.

“Ek was by ‘n Anglikaanse konferensie waar die prediker gesê het daar is professio-nele mense in die gehoor wat sendingwerk wil doen. Maar dat God hulle in hul professies wil gebruik om op eie voorstoep mense se lewens te raak,” sê Meintjes

“Toe vat dié boodskap vlam in my hart, ek is so mal oor my familie en ek hoef nie my vrou en kinders agter te laat nie. My doel op aarde is om hier, in my werk, ‘n verskil te maak aan mense se lewens.”

Kort daarna het Meintjes, terwyl hy vir sy koppie koffie by ‘n kafee gewag het, ‘n brief in ‘n koerant gelees van ‘n ene Piet wat so graag vir Kersfees ‘n stuk steak wil eet, maar hy het tande daarvoor nodig. Dít het Meintjes by sy “sending-doel” gebring. Tande. Om te kan eet en om met selfvertroue te kan glimlag. Piet het toe sy tande vir daardie Kersfees-steak gekry.

Hierna het Meintjes en sy vrou Crystal besluit om voortaan elke Kersfees, 40 mense te seën met ‘n kunsgebit en toe Smile Ministries International, ‘n nie-winsgewende organisasie, gestig.

“Ek het op die getal 40 besluit, want in 40 dae het die Here baie vermag.”

Meintjes, mag nie direk met die publiek werk en mondafdrukke neem nie. Maar verskeie plaaslike tandartse ondersteun die projek en neem afdrukke teen ‘n verminderde koste. Daarom het hy deur die Adopt A Smile projek begin om befondsing vir die eerste 40 Kersfeeskunsgebit-ontvangers te kry.

“Mense vergeet die belangrikheid van ‘n glimlag. ‘n Glimlag kan so baie doen. Dit gee hoop en wys iemand gee om. Moeder Theresa se gesegde: ‘A smile is a beautiful thing, it is an action of love’ is woorde wat ek graag aanhaal,’’ mymer Meintjes

“Die eerste drie glimlagte is geborg deur John Duxbury en Johan Kruger van Kruger Duxbury Automation van die Baai, vir wie ons dankbaar is omdat hulle weet watter verskil ‘n glimlag maak. ”

As deel van die Adopt A Smile projek se geldinsamelings word ‘n gholfdag Saterdag by die Uitenhage Gholfklub gehou. Besighede is welkom om as borge betrokke te raak.

Zipcode Brand Management bied op 12 Desember die Bay Academy Music Awards (BAMA) musiektoekennings by NMMU Missionvale-kampus aan met ‘n gedeelte van die inkomste wat aan die Adopt A Smile projek geskenk word.

“Ek het gesien hoe ‘n groot verskil tande aan mense se optredes maak – hoe kan ek dan nie betrokke raak by ‘n projek soos hierdie nie,” sê Ashton Prince, eienaar van Zipcode Brand Management.

  • Vanjaar se 40 Adopt A Smile begunstigdes is te sien op die Facebook blad Adopt A Smile
  • Vir navrae bel Ralph Meintjes 084 637 1808 of dental_ids@yahoo.com
  • Direkte bydraes na: Smile Ministries International, Standard Bank, rekening: 08080 5841, takkode: 050416.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.