‘Nalatigheid lei tot enorme geldelike las’

2016-07-14 06:00

Die Oos-Kaapse departement van paaie en openbare werke het belastingbetalers die afgelope drie boekjare altesaam R74 miljoen in hofgedinge gekos, erken Thandiswa Marawu, LUR vir paaie en openbare werke, in ’n geskrewe antwoord op ’n geskrewe vraag in die wetgewer.

Vicky Knoetze, DA-lid van die wetgewer, het dié vraag gestel.

Volgens Knoetze hou die regskwessies teen die departement verband met skade aan voertuie weens slaggate, motorongelukke, asook sake wat verband hou met voorsienings- en verkrygingsprosesse en arbeidsverhoudinge.

“Meer as R21 miljoen van die R74 miljoen is aan uitkontraktering van regsdienste en die verdediging van regskwessies bestee.

“Net minder as R53 miljoen is bestee aan skuldigbevindings teen die departement en sowat R9 miljoen is begroot vir moontlike regseise in die huidige boekjaar,” aldus Knoetze.

Volgens haar beloop die totale waarde van regseise teen die departement sedert 31 Mei vanjaar meer as R316 miljoen.

“Dit is duidelik dat die belastingbetaler hierdie enorme geldelike las dra as gevolg van die nalatigheid en wanbestuur van die departement van paaie en openbare werke, wie se mandaat dit is om infrastruktuur in werking te stel en dit in stand te hou.”

Oor die moontlikheid dat laasgenoemde probleem gedeeltelik aan personeeltekorte in die departement van paaie en openbare werke toegeskryf kan word, is daar in die vooruitsig gestel dat nog aanstellings gaan kom.

“Voorsiening gaan in die nuwe boekjaar gemaak word vir nuwe aanstellings in die afdelings wat moet toesien dat die kernmandaat van die departement uitgevoer word,” sê Marawu.

Volgens Marawu word die eise van R316 miljoen in die hof betwis en is daar ook sake wat nog nie afgehandel is nie.

“Die bedrag sluit in hofsake van vorige boekjare. Dit beteken nie dat die departement die geld gaan betaal nie. Die hof het nog nie daaroor beslis nie.”

Van die bedrag van R53 miljoen is R7 miljoen vir die 2013-’14-, meer as R41 miljoen vir die 2014-’15- en R3,6 miljoen vir die 2015-’16-boekjaar.

In Junie vanjaar het dit aan die lig gekom dat ook die provinsie se gesondheidsdepartement miljarde aan regskoste betaal.

In die 2015-’16-boekjaar het mediese regskoste tot R4 miljard – 20% – van die gesondheidsbegroting van R18 miljard beloop. Die huidige begroting beloop R20 miljard.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

4 die in Lenasia gunfight

2016-09-24 19:46

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.