Net skenker kan seun se lewe nou red

2016-11-03 06:00
Sedert hy in Oktober sy droom kon bewaarheid om dolfyne te ontmoet, is die kankerlyer Muhammad Hussain (7) in die hoësorgeenheid van die Life St. George-hospitaal in Port Elizabeth. Nou smeek sy ouers die Baaise gemeenskap om hulle as beenmurgskenkers te registreer in die hoop om sy lewe te red. By Muhammad (middel) is Kelly de Klerk (heel regs) van uShaka Marine World in Durban, Diana Brand (links) en Gary Paul (langs Brand) van Netcare 911, en voor by Muhammad is sy pa Farhad.

Sedert hy in Oktober sy droom kon bewaarheid om dolfyne te ontmoet, is die kankerlyer Muhammad Hussain (7) in die hoësorgeenheid van die Life St. George-hospitaal in Port Elizabeth. Nou smeek sy ouers die Baaise gemeenskap om hulle as beenmurgskenkers te registreer in die hoop om sy lewe te red. By Muhammad (middel) is Kelly de Klerk (heel regs) van uShaka Marine World in Durban, Diana Brand (links) en Gary Paul (langs Brand) van Netcare 911, en voor by Muhammad is sy pa Farhad.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sy seun lê al drie weke lank in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Port Elizabeth weens die kanker wat hom van witbloedselle beroof, maar Farhad Hussain het steeds hoop dat Muhammad (7) gered kan word.

Só vertel Farhad buite die Life St. George’s-hospitaal met die vasberadenheid van ’n pa wat sy lewe daaraan toegewy het om vir sy kind te veg – en nog lank nie dié taak opgegee het nie.

Hy kan egter nie meer alleen die stryd voer nie, sê hy.

“My seun se witbloedseltelling is uiters laag en die dokters sê hy het nog net ’n kort rukkie oor om te leef.

“Daarom wil ek pleit dat die Baaise inwoners – en die res van die land – hulle registreer as beenmurgskenkers, want dít is Muhammad se laaste hoop.”

Muhammad is in Oktober deur die Little Fighters-kankertrust na uShaka Marine World in Durban geneem om die dolfyne te leer ken. Sedert hy teruggekeer het van dié avontuur is die hospitaal voltyds sy tuiste.

Volgens Farhad het Muhammad twee potensiële skenkers in Suid-Afrika en 22 moontlike skenkers oorsee gevind sedert bloed- kanker op tweejarige ouderdom by hom gediagnoseer is. Nie een van dié skenkers was egter geskik nie.

“As ons genoeg mense kan oortuig om hulle te registreer, moet daar tog seker één geskikte skenker vir hom wees,” meen Farhad.

Die gesin moedig veral die bruin en Indiër-inwoners aan om hulle te registreer, aangesien die kanse vir geskikte beenmurgskenkers hoër is binne dieselfde rassegroepe. “Ons het al alles probeer met Muhammad – drie en ’n half jaar van chemoterapie, en later agt maande van radioterapie en aggressiewe chemoterapie by die Rooi Kruis-hospitaal.

“Toe hy verlede jaar teruggekom het, het die kanker wyd versprei. Die bietjie lewe wat in hom oor is, moet hy spaar vir die stryd wat voorlê.”

Buite die hospitaal probeer Farhad en sy vrou, Kaamielah, om vir Muhammad ’n normale lewe te bied.

“My huis is soos ’n hospitaal ingerig, want Muhammad moet altyd ’n masker dra teen kieme. Verder werk ons hard om hom ’n normale lewe te bied. Hy is lief vir enigiets pienk – dis sy gunstelingkleur – en vinnige motors en musiek.”

Dan haal Farhad sy selfoon uit om ’n video te wys van Muhammad se energieke danspassies. “Lyk dit vir jou soos ’n kind wat twee keer moes hoor sy kanker het teruggekeer?” vra hy.

Tog bly dié energie nie by Muhammad nie. “In die hospitaal is hy vir kort rukkies sy ou self, maar dan skiet sy koors die hoogte in en ons moet hom van vooraf begin opbeur.

“Dit is werklik ons laaste hoop om ’n skenker te vind. Ek wil nie geld hê nie; ons geveg vir Muhammad is nog al die jare net ’n stryd van liefde en omgee.”

  • Om jou as beenmurgskenker te registreer, kontak die Sunflower Fund by 0800 12 10 82. Ná ’n reeks mediese vrae en ’n registrasieproses word die skenker se bloed by ’n plaaslike kliniek getrek en die skenker word op die databank geplaas.

Indien ’n skenker geskik is vir ’n pasiënt, word sy bloed getrek en die beenmurgselle daaruit gehaal en oorgetap vir die pasiënt.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.