NGK Uitenhage se 200ste jaar gevier

2017-08-17 06:05
=NGK Uitenhage is in 1817 gestig en die eerste volwaardige kerk is in 1821 begin bou. Dit het 22 jaar geneem om die kerk te voltooi.               Foto:VERSKAF

=NGK Uitenhage is in 1817 gestig en die eerste volwaardige kerk is in 1821 begin bou. Dit het 22 jaar geneem om die kerk te voltooi. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

In die beginjare van die Nederduits Gereformeerde Kerk Uitenhage, presies 200 jaar gelede, het Goewerneur Cradock twee ouderlinge benoem om saam met ’n landdros die kerkraad te vorm, aangesien daar geen predikant op die dorp was nie.

Die kerk het ’n ryk geskiedenis, aanvanklik vol struwelinge om die eerste kerk klaar gebou te kry. Daar is in 1821 met bouwerk begin en dit het 22 jaar ge-neem om die eerste kerk (nou kerksaal) te voltooi. Hout is uit die Tsitsikammabos aangery vir die kerk se bouwerk. Cornelius Mol was die eerste predikant van dié kerk.

Hy het ’n reuse taak gehad omdat die Uitenhage gemeente die mees uitgerekte gemeente van die NG Kerk was. Dit het van die Langkloof in die weste tot aan die destydse Visriviergrens gestrek insluitende Port Elizabeth, Alexandria, Albanie, Bathurst, Somerset-Oos, Jansenville en ’n gedeelte van Willowmore.

In April 1912 het ’n argitek en boumeester aanbeveel dat ’n nuwe kerk gebou word. Vir jare was daar onmin omdat die gemeente teen die sloping van die ou kerk was en ander lede wou hê dat die kerk liewer vir latere sakepersele ingerig moes word. Uiteindelik is die ou kerk behou as kerksaal en is die nuwe (huidige) kerk in 1929 ingehuldig.

Ter viering van die NGK Uitenhage se 200ste bestaansjaar word ’n middag van lof en aanbidding op 27 Augustus vanaf 15:00 by die kerk gehou. Die Cantando@Algoa-koor sowel as Jeffreysbaai se bekende Jubelkoor sal optree. Verrigtinge begin met orrelspel en sluit koorsang, gemeentedeelname sowel as ’n massakoor-optrede in.

  • Vir meer inligting bel die kerkkantoor by 041 992 4509.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.