Nuutgestigte studiefonds aansoeke sluit

2017-09-28 06:00

Die Solidariteit Helpende Hand-tak op Uitenhage het dit reggekry om ’n studie-fonds op die been te bring vir behoeftige studente om verder te studeer.

Befondsing vir hierdie studiefonds kom uit die gemeenskap, vir die gemeenskap, en al wat die projek nodig het om ’n kind se droom in 2018 ’n werklikheid te maak, is die kleingeld in jou beursie.

Hierdie studiehulp gee nie aan die student ’n beurs nie, maar ’n rentevrye studie-lening.

“Dit beteken wanneer die kind dan klaar studeer het, betaal hy/sy die geld rentevry terug. Met daardie terugbetalings word ’n volgende student weer gehelp.”

Volgens Miempie van Wyk, takvoorsitter op Uitenhage, is die tak baie opgewonde oor die studiefonds.

“Ons sien uit daarna om alreeds vanjaar ’n student met ’n rentevrye studielening te help. Baie dankie aan die gemeenskap van Uitenhage vir elke bydrae. Elke sent het gehelp dat ons een van ons drome kon verwesenlik om ’n fonds te stig,” sê Van Wyk.

Tot op hede was die hoofbron van inkomste vir die fonds verkope by die plaaslike Ons Winkel, ’n skenkingswinkel op Uitenhage, en ook die kleingeld wat die publiek vir Helpende Hand skenk. Jy kan dus bydra om die studiedrome van jongmense in die omgewing te vervul deur ’n houer kleingeld te skenk of items by Ons Winkel te koop of te skenk.

Hierdie projek help ook om die gemeenskap saam te snoer en “deel” te laat voel van ’n inisiatief wat ’n blywende impak en verskil in baie lewens kan maak. Die Studie-fondssentrum het in 2017 meer as R40 miljoen in rentevrye studielenings uitbetaal.

“Hoe meer fondse ons egter beskikbaar het, hoe meer kinders kan ons help. Daarom wil ons die gemeenskap aanmoedig om ’n bydrae tot die Uitenhage-Studiefonds te maak. Jy kan dit doen deur ’n eenmalige bedrag te skenk of deur ’n aftrekorder van R50 per maand in te stel. Sodoende kan jy weet dat jy met jou bydrae verseker dat ’n kind wat andersins nie ’n geleentheid sou hê om te gaan studeer nie, die geleentheid daarvoor kry,” sê Van Wyk.

30 September - sluitingsdatum

Voornemende studente word aangemoedig om aansoek te doen vir ‘n studielening by https://helpendehand.co.za/studie-fonds/ voor 30 September 2017. Kontak Miempie van Wyk by 081 798 0190 vir meer inligting.

Marlene Basson, streeksverteenwoordiger by Helpende Hand, kan gekontak word vir meer inligting indien iemand dalk hul eie Helpende Hand-gemeenskapstudiefonds wil stig.

Haar nommer is 083 501 3166, of stuur ’n e-pos aan marlene@helpendehand.co.za. Die gemeenskap kan hul sente na die Ons Winkel in Bubbslaan 10, Uitenhage, neem of Solidariteit, Sesde Laan 52, Newton Park, Port Elizabeth.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.