Oefen met griep kan dodelik wees

2017-07-13 06:01
griep flu vredenburgPhoto:

griep flu vredenburgPhoto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Moet nooit oefen met ’n loopneus of ’n hoesie wat nie wil weggaan nadat jy griep gehad het nie – selfs nie eens ’n bietjie nie. Jy kan onherstelbare skade aan jou hart aanrig.

Dr. Willie Koen, ’n hartchirurg wat ook bekend is vir sy baanbrekers-werk met hartoorplantings, het by navraag gesê die hart word net soos ander spiere moeg weens infeksie.

Dit kom nadat André Botha (26), ’n IT-spesialis, ’n hartaanval gekry het ’n week nadat hy ’n virale infeksie gehad het.

Die hartaanval is volgens sy pa vermoedelik deels weens die infeksie en hy is aangeraai om vir twee maande nie te oefen nie, berig Jana Breytenbach.

Koen sê daar is twee hoofoorsake van hartaanvalle. Die eerste is geblokte koronêre bloedvate en die oorsaak daarvan is rook, hoë bloeddruk wat nie beheer word nie, oorerflike cholesterol, diabetes en ’n familiegeskiedenis. ’n Stent of hartomleiding is meestal die oplossing hiervoor.

Die tweede is kardiomiopatie, waar die hart só verswak dat dit uiteindelik tot hartversaking lei. ’n Hartoorplanting, of deesdae ’n meganiese hart, is die enigste uitweg.

Koen sê as jy verkoue of griep het, word al jou spiere aangetas, die hart ook. Wanneer die hart ooreis word, kan dit skade opdoen. Hoewel ’n mens kan herstel, is daar mense wie se hart nie herstel nie.

Daar is mense wat met medisyne tien tot 15 jaar kan leef, totdat hulle uiteindelik te siek raak.

Die helfte van hartoorplantings is weens kardiomiopatie en die ander helfte weens koronêre siektes.

Koen sê kardiomiopatie word veroorsaak wanneer ’n mens oefen terwyl jy siek is, terwyl enkele mense se hart deur alkohol beskadig word. Hulle is nie verslaaf nie, hul hart kan dit net nie hanteer nie. Sommige vroue kry ’n verswakte hart ná ’n bevalling, as hulle hoë bloeddruk het, en soms ná chemoterapie. Daar is niks met die mense se are verkeerd nie, die hartspiere is aangetas.

Indien ’n mens koors het, wat ’n aanduiding van griep is, is die aanbeveling dat jy drie dae moet wag totdat jy heeltemal gesond is voordat jy oefen. Koen sê om veiligheidshalwe sal hy ’n week aanbeveel.

“Maar indien jou neus loop, of jy het daardie knaende hoesie al voel jy gesond, moenie oefen nie. Indien jy lank en hard kon oefen en jy raak binne minute moeg, hou dadelik op en gaan lê.”

Hy sê aktiewe mense wat aan sport wil deelneem, druk hulself soms om vroeër te begin oefen, of iemand is bang hy verloor sy plek in ’n span. “Dit is waar die probleme inkom.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Weird things dogs do

Caught your dog doing something... well a little bit odd? Don’t worry, there’s a simple explanation for his behaviour.

 
 

Paws

Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.