Onderwyser sterf toe hy wiel uit pad wegvat

2016-03-31 06:00
Brand Roux (61), onderwyser aan die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar op Uitenhage, is in ’n ongeluk, onderweg van ’n skolerugbytoernooi op Worcester, dood.  Foto: VERSKAF

Brand Roux (61), onderwyser aan die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar op Uitenhage, is in ’n ongeluk, onderweg van ’n skolerugbytoernooi op Worcester, dood. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Onderwyser van Uitenhage se edel daad Maandagmiddag om ’n weggooiwiel van die pad net buite Robertson te verwyder, het hom sy lewe gekos toe ’n minibus hom getref het.

Roux Brand (61), ’n Afrikaans-onderwyser aan die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar het verlede week sy skool se rugbyspan na ’n rugbytoernooi by die Drostdy Tegniese Hoërskool in Worcester vergesel.

Brand en sy vrou het in hul private motor na en van die toernooi gereis omdat hulle eers ’n paar dae in Mosselbaai wou deurbring voordat die skool volgende week heropen.

Die wiel wat in die pad was, het op ’n blinde draai gelê. Hy wou dit juis verwyder om ’n moontlike ongeluk hier te voorkom.

“Die leerders en ander onderwysers het in die skool se minibussies gery, maar Roux en sy vrou was ’n klein entjie vooruit,” het Nico Claassen, Daniel Pienaar se hoof, gister gesê.

’n Quantum-minibus, wat kerkgangers van Mosselbaai na Vredendal vervoer het, het Brand getref.

“Toe die bussie om die blinde draai kom, het die bestuurder probeer uitswaai. Roux het uit die pad probeer spring, maar dit was te laat. Die ongeluk was niemand se skuld nie. Dis net ironies dat sy liefdesdaad sy lewe gekos het,” het Claassen gesê.

Roux se vrou, Annette, het die ongeluk sien gebeur waar sy langs die pad vir hom gewag het. Sy is tans by hul vakansiehuis in Mosselbaai.

“Ons is almal vreeslik geruk. Gelukkig het die leerders nie die ongeluk sien gebeur nie,” het Claassen gesê. “Die bestuurders het die bussies ’n entjie verder van die ongelukstoneel geparkeer. Van die onderwysers het teruggestap.

“Teen dié tyd het paramedici hom gestabiliseer en hy het nog met hulle gesels. Maar hy het veelvuldige beserings opgedoen, veral aan sy onderlyf. Hy het ook kopbeserings gehad en sy bene was sleg gebreek.”

Hy is in die Robertson-hospitaal opgeneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Brand het in 2010 by Daniel Pienaar aangesluit waar hy ook vir ’n ruk rugbyafrigter was en later wedstrydkoördineerder.

Vir die onderwysers hier was hy ’n staatmaker, ’n vriend en ’n man met ’n buitengewone passie vir sy beroep.

Vir sy leerders was hy ’n steunpilaar en die “koelste ou onnie” ooit.

“Dis hoe ons Meneer geken het: hy wou altyd moontlike probleme vir ander uit die weg ruim, al was dit ten koste van homself,” het Aletta West, een van sy oudleerders, gister gesê.

“Hy was verlede jaar ons graadhoof en die een wat saam met ons gebraai het om ons gees te bou. Ouderdom was vir hom net ’n getal. Ander se behoeftes, ook sy leerders s’n, was vir hom prioriteit.”

Ao. Cecile Groenewald van die polisie in Ashton het gesê ’n saak van strafbare manslag word ondersoek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.