Paleontoloë opgewonde oor fossiele Paleontoloë opgewonde oor fossiele Paleontoloë opgewonde oor fossiele

2015-12-10 06:00

Die vonds van oorblyfsels van minstens vier soorte reusagtige plantvretende dinosourusse met lang nekke en sterte (souropodes), in die Uitenhage-gebied en Sondagsriviervallei, het navorsers ’n kykie gegee in wat 135 miljoen jaar gelede hier gebeur het.

’n Paleontoloog van die Universiteit van die Witwatersrand, dr. Jonah Choiniere, en sy doktorale student Blaire McPhee, het gefossileerde beendere van ’n nuwe lang reus, ’n Brachiosaurus , ’n kleiner dinosourus, ’n lang maer Diplodocus met ’n swiepende stert, en ’n Dicraeosaurus met lang penne op sy nek gevind.

Die vonds word in die April 2016-uitgawe van die tydskrif Cretaceous Research gepubliseer.

Volgens Choiniere weet hulle nie of dit ’n nuwe spesie is nie, maar minstens een van die rugwerwels het eienskappe wat nog nie in enige van die ander dinosourusse gesien is nie.

“Dit het ’n spleet onderaan en het net een beentjie. Ons weet egter nie of dit genoeg is om te gebruik om ’n nuwe spesie te identifiseer nie.’’

Choiniere sê die souropodes (waaronder die Camarasaurus val) is van die grootste diere wat op aarde was.

“Reg oor Suid-Afrika is fantastiese fossiele, maar van die beste oorblyfsels van dinosourusse wêreldwyd word in die Algoa-kom gevind – ’n plek waarvan ons nie hoor as daar van dinosourusfossiele gepraat word nie.

“Die bekendste dinosourusfossiel wat in die Oos-Kaap gevind is, is die Nqwebasaurus, wat verwant is aan ’n groep karnivore wat soos volstruise lyk.

“Uit buitelandse navorsing kon vasgestel word dié spesie was met vere bedek en het ’n snawel, maar geen tande gehad nie. Die Nqwebasaurus het egter baie klein tande,” het hy gesê.

Nóg ’n belangrike ontdekking van die Oos-Kaap was dié van die Paranthodon in 1845.

Dit was een van die eerste Stegosaurusse. Sy enigste oorblyfsels, ’n gedeeltelike skedel en geïsoleerde tande, is in die Kirkwood- formasie gevind.

Port Elizabeth. – Die vonds van oorblyfsels van minstens vier soorte reusagtige plantvretende dinosourusse met lang nekke en sterte (souropodes) in die Uitenhage-gebied en Sondagsriviervallei het navorsers ’n kykie gegee in wat 135 miljoen jaar gelede gebeur het.

’n Paleontoloog van die Universiteit van die Witwatersrand, dr. Jonah Choiniere, en sy doktorale student Blaire McPhee, het gefossileerde beendere van ’n nuwe lang reus, ’n Brachiosaurus , ’n kleiner dinosourus, ’n lang maer Diplodocus met ’n swiepende stert, en ’n Dicraeosaurus met lang penne op sy nek gevind.

Die vonds word in die April 2016-uitgawe van die tydskrif Cretaceous Research gepubliseer.

Volgens Choiniere weet hulle nie of dit ’n nuwe spesie is nie, maar minstens een van die rugwerwels het eienskappe wat nog nie in enige van die ander dinosourusse gesien is nie.

“Dit het ’n spleet onderaan en het net een beentjie. Ons weet egter nie of dit genoeg is om te gebruik om ’n nuwe spesie te identifiseer nie.’’

Choiniere sê die souropodes (waaronder die Camarasaurus val) is van die grootste diere wat tot nog toe op aarde was.

“Reg oor Suid-Afrika is fantastiese fossiele, maar van die beste oorblyfsels van dinosourusse wêreldwyd word in die Algoa-kom gevind – ’n plek waarvan ons nie hoor as daar van dinosourusfossiele gepraat word nie.

“Die bekendste dinosourusfossiel wat in die Oos-Kaap gevind is, is die Nqwebasaurus, wat verwant is aan ’n groep karnivore wat soos volstruise lyk.

“Uit buitelandse navorsing kon vasgestel word dié spesie was met vere bedek en het ’n snawel, maar geen tande gehad nie. Die Nqwebasaurus het egter baie klein tande,” het hy gesê.

Nóg ’n belangrike ontdekking van die Oos-Kaap was dié van die Paranthodon in 1845. Dit was een van die eerste Stegosaurusse. Sy enigste oorblyfsels, ’n gedeeltelike skedel en geïsoleerde tande, is in die Kirkwoodformasie gevind.

Brachiosaurus

Camarasaurus

Diplodocus

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.

Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.

Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.