Pasop vir Sassa-kaart swendelaar

2016-11-10 06:00
Die polisie in Uitenhage ondersoek ’n saak van bedrog nadat ’n vrou van dié dorp uit ’n deel van haar toelae bedrieg is. Foto: Argief

Die polisie in Uitenhage ondersoek ’n saak van bedrog nadat ’n vrou van dié dorp uit ’n deel van haar toelae bedrieg is. Foto: Argief

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Polisiebeampte van Uitenhage is oor die kole gehaal nadat sy ’n bejaarde wat ’n saak van bedrog aanhangig gemaak het, gevra het om dié klag terug te trek.

Die bejaarde (79), wat anoniem wil bly, het in Oktober ’n saak van bedrog by die polisiekantoor op Uitenhage aangemeld nadat ’n swendelaar haar Sassa-kaart gebruik het om lugtyd en elektrisiteit te koop.

Sy is in Oktober deur die vermeende swendelaar wat hom as ’n agent van die Suid- Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) voorgedoen het, op haar landlyn gebel. Sy sê die man het gesê hy wil Sassa se “databasis op datum hou” en het daarom haar kaartbesonderhede nodig.

Toe sy op 1 November – toe haar toelae inbetaal is – haar geld wou onttrek, was daar slegs R1 100 in haar rekening oor in plaas van die gewone R1 530.

“My kind, toe die man bel was my bloeddruk so hoog dat ek nie reg gedink het nie. Eers toe hy die foon afgelui het, het ek besef ek het nou net in ’n lokval getrap,” vertel sy.

“Die man het vir my die eerste vier syfers van my kaart gegee en ek moes net die laaste drie, my PIN en my ID-nommer vir hom gee.

“Ek is sommer die volgende dag polisie toe om ’n saak te open.

“Wie weet hoeveel mense op die dorp hy uitvang?”

Sy sê ’n polisievrou het haar Maandag gebel en gesê sy moet maar die saak terugtrek, omdat dit “moeilik gaan wees om hom op te spoor”.

“Ek het vir haar gesê ek gaan nie. Hulle het dan die man se nommer, so hulle móét hom kan vang,” sê sy.

“Kyk, ek gaan daai geld nooit weer terugkry nie. Toe ek op 1 November my geld gaan trek, was daar ’n stoporder op my rekening vir lugtyd en elektrisiteit. Ek het vir die polisie die selfoonnommer en die rekeningnommer vir die elektrisiteit gegee.”

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die saak wat aanhangig gemaak is, word beslis nog ondersoek.

Sy het ook die klagtes oor die polisielid wat die saak wou laat terugtrek by die stasiebevelvoerder aangemeld.

  • Meld soortgelyke voorvalle aan by die polisie, die naaste Sassa-kantoor of skakel 0800 601011, die Sassa-oproepsentrum

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.