Pieter Kruger van Spur se brief

2017-05-25 12:26

Hier is die volle verklaring deur Pieter Kruger (geen taal- of spelfoute is reggemaak nie):

Dagse Inwoners van Uitenhage

Ek is Pieter M. Kruger, n Trotse Gemeenskapslid, en die Trotse Eienaar van Wild Rapids Spur op Uitenhage, die einste Wild Rapids Spur wat in die afgelope 11 jaar sowat R6 000 000.00 (Ses Miljoen Rand) in die gemeenskap en sy skole teruggeploeg het,

Ek het nou die laaste 6 weke gevolg hoe die mense van die dorp my en my winkel bespreek en assosieer met n insident wat tussen 2 individue plaasgevind het in n Spur in Johannesburg en weens swak bestuur het dit toe n nare nadraai gehad het op alle sosiale platforms,

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die gemeenskap van Uitenhage en Despatch vergeet het dat elke Spur individueel besit word en die sukses van so besigheid is afhangend van die eienaar se toewyding en gemeenskaps betrokkenheid, Ek het dus tot n besluit gekom om nou my persoonlike standpunt met julle te deel.

• Oor dit wat in Johannesburg gebeur het en die nadraai op Sosiale Media: Dit sou NOOIT in Wild Rapids Spur op Uitenhage gebeur het nie, ons het geen beheer oor individue se reaksie teenoor mekaar nie, maar Ek, my Bestuurders, (Almal gemeenskapslede wat hulle pad van Kelner tot bestuur oopgewerk het in die laaste 11 jaar), my kinder oppassers, en my kelners is goed opgelei, bekwaam om te kommunikeer en pro-aktief betrokke by elke klient en hulle kinders, dit verseker dat sulke situasies in die kiem gesmoor word voor dit kan hand uit ruk, of selfs plaasvind,
• Die “Fake News Reports” oor die vieslikhede wat glo met die kos gebeur voor dit aan kliente bedien word: Dit is presies wat dit is, “Fake News”, Absolute Snert. Die dame wat glo dit in n Spur in Pretoria gedoen het, Laquan Brown, en haar toe aan die polisie oorhandig het is al reeds van 2014 af in n tronk in Bonnievale, VSA, weens n moord wat sy gepleeg het, sien gerus die volgende skakel: http://wsav.com/…/woman-convicted-of-murder-in-bonnie-and-…/

• Die bogenoemde geld ook vir die foto van die dogtertjie wat glo in die Spur geklap is…… Die stomme kind is op n bus in Engeland geklap in Augustus 2016 deur n 17 jarige seun genaamd Tavon Walters, sien asseblief die skakel: http://wgntv.com/…/school-bus-video-shows-17-year-old-boy-…/

• Dieselfde geld vir die gerug oor kinders wat verkoop is uit n Spur speelarea, Alles “Fake News”.
Nou is die groot vraag wat het Ons in die afgelope 6 weke gedoen terwyl die bogenoemde afgespeel het :

• Ons het Daniel Pienaar Tegniese Skool se Eerste Span Rugby Truie geborg,
• Ons het al die water voorsien by Daniel Pienaar se Pretdraf,
• Ons het Laerskool Handhaaf se 0/11A Rugby Span se Togsakke geborg,
• Ons het Laerskool Handhaaf se 0/13 A Rugby Span se Togsakke geborg,
• Ons het Laerskool Handhaaf se 0/13 A Netbalspan klere geborg,
• Ons het advertensie bord opgesit by Brandwag en die Golfbaan,
• Ons het Muir College se Telborde oorgedoen,
• Ons het Despatch Rugbyklub se nuwe broekies geborg,
• Ons het Sonop se nuwe Paal – Beskermer – Kussings geskenk,
• Ons het Cazebo’s gekoop vir Frans Conradie en Hoerskool Despatch
• Ons het Frans Conradie se o/13 A rugby truie geborg
• Ons het Hoerskool Despatch se Entrepreneurs dag wenspan geborg met al hulle produkte vir hulle stalletjie,
Maar eerder meer oor Wild Rapids Spur – Uitenhage en die plaaslike gemeenskap,

• Ons bied 35 Fondsinsamelinge aande per jaar aan op n Dinsdagaand, dit word gewoonlik vir die jaar vooruit bespreek deur die skole en ons betaal n gemiddeld van R2500 per aand uit aan die skool, die konsep behels dat die spanlede saam met my mense kom “waiter”, kos voorberei en spangees bou en Ons skenk 10% van die omset aan hulle,
• Ons bied 35 Sizzling Studies per jaar aan, Waar laerskole deur die winkel beweeg saam met hulle onderwysers, hulle eie kos voorberei om te leer hoe n kombuis werk, daarna bied ons n besigheidsklas aan oor hoe n besigheid se finansies werk, hulle eet dan hulle kos, en so ons dra by tot hulle onderrig,
Geen van die bogenoemde sou moontlik wees as ons enigiets gehad het om weg te steek nie,

Ek wil afsluit deur die volgende te se:
• Ek is onsaglik trots op die Operasionele en Higieniese Standaarde wat ons stel en handhaaf by Wild Rapids Spur - Uitenhage,
• Ek is onsaglik trots op die diensvlakke wat ons lewer en die interaksie van myself en my personeel met ons kliente by Wild Rapids Spur - Uitenhage,
• En ek is die trotste op ons betrokkenheid in die gemeenskap en die verskil wat ons maak,

My wens is, nou dat almal weet wat my persoonlijke standpunt is, dat sou daar enige navrae, ongelukkigheid, onsekerheid of selfs komplimente wees, dat julle my persoonlik sal kontak om dit te bespreek dat ek dit kan uitsorteer, en nie my en my Wild Rapids Spur se naam verder deur die modder te sleep nie asseblief.

Spur Groette en Bloubulvrede
Pieter M. Kruger

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Buying a puppy? Don’t get scammed!

Hundreds of complaints are filed every year from victims who were scammed when buying a dog online.

 
 

Paws

WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
11 animals before and after they were adopted from shelters
Competition pet grooming – creative or too extreme?
5 Celebrities who are afraid of animals
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.