Poeier in telefoonkabels glo ’n dwelm

2016-07-21 06:00
Kabeldiefstal het tot gevolg dat die inwoners van Kruisrivier sonder telefoonlyne is. Sommige van die inwoners in dié gemeenskap glo dat die poeier wat in kabels gebruik word om vog te absorbeer, ’n dwelmmiddel is en dat dit daarom gesteel word.  Foto: MORNE DU RANDT

Kabeldiefstal het tot gevolg dat die inwoners van Kruisrivier sonder telefoonlyne is. Sommige van die inwoners in dié gemeenskap glo dat die poeier wat in kabels gebruik word om vog te absorbeer, ’n dwelmmiddel is en dat dit daarom gesteel word. Foto: MORNE DU RANDT

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die gemeenskap van Kruisrivier buite Uitenhage sit al maande lank sonder telefoonlyne – en dit glo omdat ’n poeier wat in dié kabels gebruik word, nou ook as ’n dwelm dien.

Boere in die omgewing meen die poeier, wat glo by die kabels gevoeg word om vog te absorbeer en die drade droog te hou, is die rede agter talle kabeldiefstalle in die gemeenskap.

Ongeag die rede vir die diefstal, raak inwoners nou warm onder die kraag.

“Die tegnici maak die drade aan die een punt reg, dan begin die diewe weer by die ander punt,” het Hannes Bekker van die Kruisrivier-inwonersvereniging gesê.

“Dit is nou al amper vier maande sonder telefoonlyne – dit is ’n diens wat Telkom moet lewer.”

Telkom het bevestig dat Kruisrivier se inwoners deurloop onder diefstal.

“Ons is bewus van ’n paar gevalle in Mei, waarna die kabel op 29 Junie vervang is,” het Jacqui O’Sullivan, Telkom se kommunikasiehoof, gesê.

“ ’n Deel van dié kabel is egter weer teen 1 Julie gesteel. Ons sukkel tans met ’n tekort aan die nodige materiaal, maar ons wil die dienste teen die naweek herstel.”

O’Sullivan het gesê Telkom werk ook saam met die plaaslike polisie om diefstal te voorkom.

“Ons besoek gereeld plaaslike skrootwerwe, wat reeds tot drie inhegtenisnemings gelei het, hoewel dit nie met Kruisrivier verband hou nie.”

Sy het ook gesê geen bewerings oor die poeier is by Telkom aangemeld nie.

Die polisie ondersoek wel dié bewerings, het sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, gesê.

“Ons sal saam met belanghebbendes werk om die saak te ondersoek.

“Dit is ’n feit dat dwelmverslaafdes soms vreemde middels gebruik om hul verslawing te bevredig.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.