Porsche jaag toe nie vliegtuig weg

2016-03-10 06:00
=Die konvooi veteraanmotors arriveer by die Wings & Wheels fees op Uitenhage vliegveld.                                                        Foto: SHAUN GILBERT

=Die konvooi veteraanmotors arriveer by die Wings & Wheels fees op Uitenhage vliegveld. Foto: SHAUN GILBERT

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dit was ’n hittete gelyk-op-jaagtog in beide uitdagings tussen vliegtuig en motor tydens Saterdag se Wings-en-Wheels vliegskou buite Uitenhage.

“Die Porsche V8 het een groot stofstreep gespin van die een punt tot die ander. Oor die pylvak het die Whisper-vliegtuig goed ingehaal, maar hoe vinniger hy vlieg hoe verder moes hy gaan draai,” vertel Lourens Kruger, ’n organiseerder van die jaarlikse Wings & Wheels fees en Doug Davidson herdenking-lugskou.

Uiteindelik het die Porche en Whisper gelyk oor die wenstreep “gevlieg”. In die veteraanstryd tussen die 1929 Ford Model A en die 1940 Falke, het die spoednaalde nou nie so ver oorgekantel nie, maar tot vermaak van die toeskouers het die twee ook gelyk geëindig.

Volgens Kruger het die bywoningsgetalle na vanjaar se fees en lugskou verdubbel teenoor laasjaar se hoeveelheid toeskouers.

“Die fees groei jaarliks en dit dra by dat ons kan teruggee aan die gemeenskap, veral ten opsigte van die feesbegunstigdes, Oosterland Jeugsentrum en die Uitenhage Dierebe- skermingsvereniging.”

’n Geluk by die ongeluk was dat burgemeester Danny Jordaan eerstehands die swak kragtoevoer na die vliegveld ervaar het.

“Die krag het uitgeskop tydens sy opening van die fees. In ons aansoek aan die munisipaliteit vir verbeterings by die vliegveld sal ons nou definitief vra vir groter kapasiteit kragtoevoer.”

Die organiseerders van die fees en lugskou bedank graag alle deelnemers, die hoofborge Algoa Steel, Klinicare-apteekgroep, KW Amusement, alle ander wat ’n bydrae gelewer het sowel as die publiek vir hulle ondersteuning.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.