Raak betrokke - stap, trap of dans saam

2017-03-16 10:07

Fietsryer Johan Oosthuizen (40) van Uitenhage, wie bekendheid verwerf het vir sy Fuel on Wheels uitdagings, gaan poog om drie Guiness rekords te verbeter vanaf 26 Maart tot 1 April.

Eerste op sy rekordlys is die meeste kilometers om een spesifieke sirkelroete vir ’n nie-winsgewende organisasie. Die huidige rekord is 4 400km.

Volgende op sy lys is om ’n nuwe rekord aan te teken vir die opdraandes wat hy oor ses dae gaan voltooi. Die huidige rekord is 35 000m.

“Ek moet meer as 49 000m se opdraande uit trap. Dit is gelykstaande aan om Mount Everest in ses dae uit te klim.”

Sy laaste rekordpoging is om vir 12-ure aaneen fiets te ry.

Johan sê Uitenhage het huidiglik nie een werêrldrekord nie.

En as jy hom vra of hy dit gaan maak, is hy beslis: “Sonder twyfel. Ek het genoeg petrol in my tenk.”

Raak betrokke

Individue en besighede kan by die uit- daging betrokke raak en so hul deel vir liefdadigheid doen.

Belangstellendes kan van 26 Maart tot 31 Maart tussen 17:00 en 19:00 saam met Johan trap of stap.

Die kostes is R10 per persoon of nie-bederfbare kos per 5.2km rondte.

Vir ’n donasie van R400, kan besighede 10 minute lugtyd op 26 Maart by Luister!FM “koop”. Besighede sal op dié dag die geleent-heid hê om hul onderneming op die lug te bemark.

Verskeie motorfietsklubs gaan ook die dag daar wees.

“Ons nooi almal uit om ons op die dag te kom ondersteun,” sê Johan.

Donasies is ook welkom.

Fuel on Wheels se begindae

Johan het Fuel on Wheels in Maart 2016 begin. Sy eerste uitdaging was om 1 070km vanaf Johannesburg tot op Uitenhage te voltooi. Fondse is so ingesamel om ’n rolstoel vir Jamie-Lee Barendse (25) te skenk. Sy ly aan spina bifida en is dus gedeeltelik verlam.

Sedertdien het Fuel on Wheels ook vir Ruané Wentzel (11) gehelp. Sy ly aan primêre limfedeem en het ’n drukkous benodig om bloedvloei na haar been aan te help.

Fuel on Wheels het die 10-jarige Despatcher, Janecke Schuin, wat haar been in ’n ongeluk verloor het ook ondersteun. Fondse is ingesamel om dit vir haar moontlik te maak om ’n kunsbeen te kry.

Verder het die organisasie kos, klere en skryfbehoeftes aan die Laerskool Innes ge-skenk.

“Baie dankie aan die Entangled Freedom Biker Club en ook soveel ander motorfiets-ryers vir hulle ondersteuning. Sonder hulle sou ons fondsinsamelingprojekte nie so suksesvol gewees het nie,” sê Johan.

“’n Groot dankie gaan ook aan al die lede van Fuel on Wheels en die gemeenskap. Sonder hulle harde werk en bydraes sou ons nie ons eerste verjaardag kon vier nie.”

  • Besoek Fuel on Wheels se Facebook-blad of skakel Johan Oosthuizen by 062 668 5745 of Gerrit de Jager (mede-stigterslid) by 079 494 7778 vir meer inligting.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/Sport
 

Fascinating facts about dogs

Think you know a lot about dogs? How many of these facts do you know?

 
 

Paws

Perfectly captured cat snapchats!
Fascinating facts about dogs
Out with the old dog, in with the new
Play with your pet when you're not at home
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.