SA heuning word al skaarser én duurder

2017-08-17 06:05
Die plaaslike vraag na heuning is sowat 3 000 ton per jaar, maar Suid-Afrikaanse produksie is gemiddeld net 2 000 ton per jaar.

Die plaaslike vraag na heuning is sowat 3 000 ton per jaar, maar Suid-Afrikaanse produksie is gemiddeld net 2 000 ton per jaar.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Heuningproduksie in Suid-Afrika het die laaste maande gedaal. Dit het hoër pryse tot gevolg en veroorsaak dat die plaaslike mark toenemend internasionale mededinging moet trotseer.

“Die droogte was die grootste faktor wat vir die tekort verantwoordelik was, maar die beskikbare plaaslike voorraad was nog altyd minder as die aanvraag,” sê Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB.

Produksie in Suid-Afrika is normaalweg sowat 2 000 ton per jaar. Die huidige raming is dat ’n daling in produksie verwag kan word. Die land voer sowat 1 000 ton in, maar die plaaslike aanvraag is sowat 3 000 ton.

“Die tekort word hoofsaaklik aangevul deur invoer uit Argentinië, China en Australië, maar daar is kommer oor die gehalte van sommige van die ingevoerde heuningprodukte,” sê Makube.

Faktore soos die droogte in die Wes-Kaap en die brande wat in die Tuinroete gewoed het, het tot die daling in plaaslike produksie bygedra. Dit het ook die behoefte aan ingevoerde heuning laat toeneem.

“Ander produksiegebiede soos KwaZulu-Natal is nie so erg geraak nie.”

Makube waarsku die laer plaaslike produksie het die deur vir invoerders oopgemaak.

“Dit beteken plaaslike heuningprodusente kan markaandeel verloor.”

Die tekort het ook die plaaslike pryse laat opskiet. Waar die groothandelprys van heuning die afgelope jare tussen R40 en R45/kg gewissel het, het dit vanjaar tot R65/kg opgeskiet.

Makube het ’n beroep gedoen om groter finansiële steun vir heuningboere.

“Die sektor speel ’n deurslaggewende rol in die landboubedryf om byvoorbeeld sagtevrugte te bestuif asook om ons inheemse blomme-erfenis en biodiversiteit te bewaar.”

Hy sê die enigste steun wat die sektor in die vorm van wetgewing kry, is logistieke steun van die departement van landbou, bosbou en visserye asook van die onderskeie natuurbewaringsowerhede.

Heuningstandaarde word tans in ooreenstemming met Regulasie 835 van 2000 gepromulgeer. Dié regulasie is deel van die Wet op Landbouprodukte en -standaarde van 1990 wat die verpakking en bemarking van heuning en mengsels van heuning vir verkoop binne die landsgrense reguleer.

“Heuningprodusente veg egter sonder enige geldelike bystand vanuit ’n bemarkings- en infrastruktuur-oogpunt.”

Hy sê kommersiële produsente word deur ernstige uitdaging soos vandalisme, diefstal, peste en plae asook mededinging van goedkoop invoer in die gesig gestaar.

“ ’n Byekorf kan maklik tot R1 000 kos en die toestel waarmee die heuning onttrek word, kos tussen R30 000 en R40 000.”

Dié koste word verskerp deur ’n tekort aan swerms wat te koop aangebied word. Dit kan tot R1 500 kos om ’n swerm heuningbye aan te koop. Die koste is ’n groot struikelblok vir nuwe toetreders tot die bedryf.

Hoewel produksievlakke na verwagting mettertyd sal herstel, kan die uitwerking van die huidige heuningtekort nog lank in die landbousektor gevoel word, waarsku Makube.

“Die waarde wat heuningbye tot die sagtevrugtebedryf toevoeg, word op sowat R200 miljoen per jaar geraam. Die impak van die verlies op ons breër­ biodiversiteit is bykans onmeetbaar.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.