Sakeman in die sop ná hy bees skiet

2017-01-12 06:01
Armand du Preez en sy gesin by een van die luukse motors wat hy beweer deur rondloperbeeste beskadig word. Foto: ARGIEF

Armand du Preez en sy gesin by een van die luukse motors wat hy beweer deur rondloperbeeste beskadig word. Foto: ARGIEF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Bekende sakeman van Uitenhage en voormalige junior Springbokrugbyspeler, word deur die polisie ondersoek weens beweerde opsetlike saakbeskadiging en die afvuur van ’n vuurwapen in ’n munisipale gebied.

Dit kom nadat Armand du Preez ’n rondloperbees op Oujaarsdag op sy erf in Uitenhage se Vanes Estate-woonbuurt doodgeskiet het.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n ondersoek na Du Preez ingestel word.

“Hy is nog nie aangekla nie,” sê sy.

Die polisie-ondersoek skrik Du Preez egter nie af nie.

“Ek sal elke bees wat ek op my erf kry – of hy my jaag of nie, doodskiet,” het hy gister gesê.

Hy sê die polisie het die bees kom oplaai. “Hulle het my nie gevra of ek die bees geskiet het nie. Hulle het ’n lykskouing gedoen en vasgestel hy is met ’n 9 mm-pistool geskiet.

“Toe hulle nie my vuurwapen-besonderhede op my profiel kry nie, het hulle my pa se huis vir die pistool gaan deursoek. Hulle kon my net gevra het en ek sou erken het dat dit ek was.”

Du Preez sê hy verjaag nou al die afgelope drie tot vier jaar beeste uit sy erf.

Oor die bees wat hy geskiet het, sê hy dat dit die halsstarrige een was wat nie wou padgee nie toe hy wéér beeste uit sy erf moes verjaag.

“Ek het hom gejaag, dan hardloop hy en kyk weer terug totdat hy my begin bestorm het. Dit is toe dat ek hom tussen die oë doodgeskiet het. Dit (die rondloperbeeste) is ’n groter probleem as wat mense besef. Ek sal alle beeste op my erf – of hulle my jaag of nie – doodskiet.”

Volgens hom het die bees se eienaar hom nie genader nie. “Nee, hy kruip nou weg,” sê Du Preez.

Rondloperbeeste is al jare lank ’n groot kopseer vir die inwoners van Uitenhage en Despatch. Die meentgrond waarop die vee veronderstel is om te wei, is nie net oorbewei nie, maar die grensdrade is ook gesteel, dié dat die beeste die groener weivelde kan opsoek.

“Die beeste word deur opkomende boere besit, maar hulle boer nou in my en in ander se tuine,” kla Du Preez.

Volgens hom het die diere nie net sy erf beskadig nie, maar ook sy motors.

“Ek het duur motors en ’n deftige huis. Een motor is R3 miljoen en nog een kos R2 miljoen. Daar is skade daaraan berokken.

“Ons gaan gereeld oorsee en wanneer ons terugkom, lyk dit asof ’n orkaan die tuin getref het,” sê hy.

Du Preez reken dié probleem sal slegs opgelos kan word as “die mense in gesagsposisies die werk doen waarvoor hulle hul salarisse kry”.

“Ek het al male sonder tal die tolvrye nommer gebel vir die rondloperdiere om verwyder te word.”

Pieter Terblanche, raadslid vir Uitenhage, sê rondloperbeeste is inderdaad ’n probleem op Uitenhage en rondloperdiere is ’n probleem in die hele Nelson Mandela-metropool. “ ’n Bydraende faktor tot die probleem is dat die omheining, wat die diere uit die woonbuurte moet hou, oornag verdwyn het.”

Hy beveel aan dat inwoners wat skade ly as gevolg van rondloperbeeste by die munisipaliteit om skadevergoeding aansoek doen.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.