Skilder verf tydens deftige driegang Valentynsete

2016-01-21 06:00
;Skilder Anthony Noble in aksie. Hy sal sy ongewone wyse van skilder en motiveringsboodskap op Saterdag, 13 Februarie in Barkly Bistro deel.                   Foto: GEORGE HERALD

;Skilder Anthony Noble in aksie. Hy sal sy ongewone wyse van skilder en motiveringsboodskap op Saterdag, 13 Februarie in Barkly Bistro deel. Foto: GEORGE HERALD

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Adopt-a-Smile bring vanjaar vir Valentyntyd die talentvolle skilder-en-onderwyser Anthony Noble na ’n spesiale geselligheid om die krag van liefde en ’n glimlag uit te beeld.

Ralph Meintjes, die skepper van Adopt-a-Smile, ’n plaaslike kunstande-projek, bring dié kunstenaar van George om kuns, kleur en sielskos te deel tydens ‘n deftige driegang aansitete by Barkly Bistro op Uitenhage.

Noble, ‘n onderwyser by Denneoord Primêre Skool op George, sal tydens die gesellig-heid, binne ’n redelike kort tydspan en op ’n ongewone wyse, ’n skoon kanvas omskep tot ’n meesterstuk.

Hy is ook bekend vir sy motiveringsboodskappe terwyl hy besig is met sy skilderwerk.

“Anthony sal tydens die deftige ete ’n skildery met die titel ‘Verhoudings’ ten aanskoue van die gaste skilder.

“Na afloop van die aand sal die skildery aan die gaste per geslote bod verkoop word,” sê Ralph Meintjes van Adopt-a-Smile.

Die Valentynsete word op Saterdag, 13 Februarie by Barkly Bistro gehou teen R150 per persoon (driegang maaltyd ingesluit). Die opbrengs van die kunswerk is ten bate van die Adopt-a-Smile Ministries.

Adopt-a-Smile kunstande-projek streef daarna om jaarliks met Kerstyd aan mense wat nie kunstande kan beskostig nie, ’n stel in samewerking met borge te skenk.

  • Barkly Bistro bied sitplek vir 50-60 gaste en besprekings kan gedoen word deur Wayne te bel by 082 450 1542.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.