Skoolhoof groet onderwys ná 40 jaar

2017-01-26 06:03
Theo Strydom, hoof van die Laerskool Sonop op Despatch, sou tot en met sy laaste skooldag vir die gr. 7-klas wiskunde aanbied.  Foto: WERNER HILLS

Theo Strydom, hoof van die Laerskool Sonop op Despatch, sou tot en met sy laaste skooldag vir die gr. 7-klas wiskunde aanbied. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Toe hy vir sy onderwyspos by Despatch inry, het hy gedink: Hiér gaan ek nie lank bly nie.

Vandag is dit egter meer as 40 jaar later dat Theo Strydom (62), hoof van die Laerskool Sonop, sy das ophang vir aftrede.

“Hier is ek 40 jaar later op die dorp wat ek met die eerste ontmoeting nie ’n kans wou gee nie. Nou kan ek myself ’n lojale De- spatcher noem,” sê Strydom.

Ná 30 jaar by die skool en 11 jaar as hoof meen hy dat hy sy doelwitte bereik het. “Een van my doelwitte was om ’n skool só te bestuur dat dit een is met leerlinge waarop die gemeenskap trots kan wees. Ek dink dié doelwit is bereik.”

Vir dié boorling van Somerset-Oos was ’n loopbaan in onderwys egter nie altyd deel van sy toekomsplanne nie.

“Ek het gevoel ek wil regte swot. Maar in daai jare het die regering, kerk en jou ouers vir jou gedink. Ek kan onthou dat my ma gesê het ek moet onderwys swot, en so het ek.”

Die eerste ses maande by die onderwyskollege op Graaff-Reinet het Strydom baiekeer gewonder: “Wat maak ek hier?”

Dit het egter nie lank geduur nie. Toe die onderwysgogga hom eers byt, was dit neusie verby met die twyfel.

In sy vierde jaar het hy selfs vir ’n bykomende wiskunde- en wetenskapkursus op Wellington ingeskryf, maar die planne is weens militêre diensplig laat vaar.

Ná 17 maande in die weermag het Strydom teen 1978 sy eerste onderwyspos by die Laerskool Susannah Fourie op Despatch bekom.

Dis die mense – en nie noodwendig die stowwerige winderigheid van dié dorp nie – wat in sy hart gekruip het.

“Die gemeenskap het sterk Christelike waardes. Hulle is lojaal en mense op wie jy kan staatmaak en vertrou.

In die skool sê ek altyd ek weet nie wat ons doen nie, maar ons doen iets reg, want ons onderwysers, leerlinge en ouers is soos een groot familie.”

Wanneer Strydom vandag vir ’n laaste keer sy “skool-familie” toespreek, hoop hy om ’n boodskap van nederigheid en die wil om altyd beter te doen by die leerlinge te laat.

“Dit gaan vir my bitter moeilik wees om van my leerlinge af weg te stap, maar wanneer ek eers klaar is, gaan ek en my vrou, Noeline, behoorlik rus.

“Ons het geen planne nie, behalwe om hier op Despatch aan te bly. Ek gaan niks doen nie totdat ek moeg niks gedoen is,” skerts Strydom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/World

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.