Slim plan met munisipale ‘fontein’

2016-01-28 06:00
=Silwerskoon water kabbel al maande lank uit dié munisipale “fontein” in Despatch. ’n Anonieme inwoner, klaar gesukkel met die munisipaliteit wat nie op die aanmeldings reageer nie, maak toe maar eie plan.                                     Fotos: MARISKA SPOORMAKER

=Silwerskoon water kabbel al maande lank uit dié munisipale “fontein” in Despatch. ’n Anonieme inwoner, klaar gesukkel met die munisipaliteit wat nie op die aanmeldings reageer nie, maak toe maar eie plan. Fotos: MARISKA SPOORMAKER

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Gratis: derduisende liter skoon munisipale water vir ’n lowerryke tuin.

Darem nou nie heeltemal só nie, maar ’n geval van ’n belastingbetaler maak ’n plan wanneer maandelange aanmelding van ’n groot lekkasie op dowe munisipale ore val.

Aanvanklik het die ‘belastingbetaler-maak-lekplan-storie’ te goed geklink om waar te wees, gevolglik het dié verslaggewer met kamera ondersoek gaan instel.

Dit is nogal iets om op ’n snikhete Saterdagmiddag op Despatch die soete klank van kabbelende water uit ’n “fontein” in die teerpad te hoor. Nog soeter is die klank van ’n pompie, gekoppel aan ’n tuinslang, te hoor huhuum-huhuum. . .

Met baksteen op sy rug en sandwalletjies aan weerskant, lê die tuinslang oopbek in die straat, sluk water dat dit goed gaan en voer die pompie, wat weer ’n tuinslang voer wat na die agterplaas met tuin, swembad én opgaartenk lei.

Maar nou is dit so dat water uit die munisipale fontein tóg ompad om die eerste keerwal vind, gevolglik is daar laer af nóg ’n keerwal. Hier sluk ’n dik swart pyp (wat ook na ’n agterplaas lei) weer die water.

Die omliggende tuine is so mooi groen, die vensters en gordyne van die “pompietuin’ toegetrek – dalk is die mense nog met vakansie. Of besig om rys in die agtertuin te plant.

  • Die UD Nuus het al telkens oor Despatchers se klagtes oor lekkende pype en die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit wat dit nie herstel nie, berig.

’n Sakeman het selfs al ’n watermeter by die lekkasie voor sy perseel geïnstalleer en só bevind dat meer as ’n duisend liter water binne ’n halfuur verlore gaan.

Parlementêre antwoorde aan die DA het aan die lig gebring dat sowat 45 miljard liter drinkwater in Nelson Mandelabaai verlore gegaan het in die 2013-’14- munisipale boekjaar as gevolg van lekkasies en gebarste pype.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.