Sonkrag: voor- en nadele om dit te installeer

2017-07-20 06:00
=Sonpanele raak al gewilder as alternatiewe kragbron.  Foto:PATRICK KROST

=Sonpanele raak al gewilder as alternatiewe kragbron. Foto:PATRICK KROST

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Kragtariewe bly styg en verbruik-ers kyk al hoe meer na alternatiewe bronne soos sonpanele om hul huishoudelike elektrisiteitsverbruik te verminder.

Adrian Goslett, streeksbestuurder en bestuurshoof van Re/Max van Suider-Afrika, sê daar is ’n tendens dat huiseienaars energiebesparende maatreëls instel om hul energieverbruik en algehele uitgawes van hul huishoudings te beperk.

“Hoewel die konsep van ‘groen energie’ niks nuuts is nie, het duurder elektrisiteit veroorsaak dat verbruikers baie meer bewus is van hul kragverbruik. ’n Studie deur die National Association of Home Builders (NAHB) toon dat ’n huis se energiedoeltreffendheid – afgesien van die veiligheid van ’n buurt – die grootste faktor is wat ’n besluit om ’n huis te koop, beïnvloed.”

As gevolg hiervan het sonpanele al hoe gewilder geword. Huiseienaars moet egter die volgende voor- en nadele van sonpanele in gedagte hou:

Voordeel: Laer kragrekenings

Om sonkrag te gebruik, sal uiteraard die kragverbruik vanaf die hoofkragnetwerk asook die kragrekening verminder. In die meeste gevalle sal sonpanele ’n besparing van 50% tot 75% meebring. Die geld wat gespaar word, kan vir ander huishoudelike uitgawes of vir die afbetaling van die panele aangewend word.

Nadeel: Hoë aanvangskoste

Selfs al het panele oor die jare meer bekostigbaar geraak, is die aanvangskoste van die installasie steeds hoog. Dit kan tyd neem om die stelsel af te betaal – gewoonlik sowat sewe jaar.

Voordeel: Huiswaarde styg

Energiedoeltreffende elemente voeg waarde tot ’n huis en ’n groot persentasie van die aanvanklike uitleg word verhaal wanneer jy die huis verkoop.

Volgens die NAHB sal sowat 61% van kopers bereid wees om ’n bykomende R50 000 tot R100 000 te betaal vir ’n huis met kenmerke wat nutskoste kan verlaag.

Nadeel: Werk nie op alle dakke

Sekere tipe dakke, soos byvoorbeeld leiklipteëls by ouer huise, bemoeilik die installering van die sonpanele. Dan is daar ook die kwessie van die ruimte wat jy op jou dak beskikbaar het.

Voordeel: Verklein koolstof-voetspoor

Om “groen” te raak sal jou weliswaar baie aan nutskoste spaar en jou huis se waarde verhoog, maar die finansiële aspek is nie al waar-oor dit gaan nie.

Ewe belangrik is die volhoubaarheid en die vermindering van die huishouding se impak op die omgewing.

Energie wat opgewek word uit fossielbrandstof stel skadelike koolstofdioksied en metaangas vry wat tot aardverwarming bydra.

Dit is nie die geval met sonpanele wat vir krag gebruik word nie.

Sonpanele vereis ook nie water om krag te lewer soos ander energiebronne nie.

Nadeel: Instandhouding

Sonpanele moet gereeld skoongemaak en herstel word indien nodig.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/News
 

Weird things dogs do

Caught your dog doing something... well a little bit odd? Don’t worry, there’s a simple explanation for his behaviour.

 
 

Paws

Makeover saves dog’s life
For the love of Corgis!
Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.