Sonop netbal 13de op SA netbal-ranglys

2017-08-03 06:02
<Sonop se o.13A netbalspelers op die Baaise lughawe voor hul vertrek na die nasionale kampioenskap in Boksburg. Agter van links is Joanique Spies, Reze Coetzer, Kaylee van Dyk en Ninke Barnard. In die middel is afrigter Desireé Brummer, Marli Kruger, Mieke de Kock (kaptein) en Nadine Luiters. Voor is Danika Marais en Dané Kruger.         Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Nelson Mandelabaai metropool se top o.13 netbalspan, die o.13A span van Laerskool Sonop op Despatch, het die afgelope naweek in Boksburg aan die nasionale netbalkampioenskap vir laerskole deelge-neem.

Daar is kragte gemeet met die land se beste o.13 netbalspanne. Iets wat aan dié Sonop meisies bekend is want hulle het verlede jaar ook as top metro-span aan die nasionale kampioenskap deelgeneem.

Die skool se netbalorganiseerder en afrigter van dié span, Desireé Brummer sê die “meisies het elke wedstryd voluit gespeel asof hulle in ’n finaal was. Ons is baie trots op hulle.”

Sonop se span het 8 wedstryde gespeel waarvan hulle 5 gewen het. Hulle het algeheel 13de geëindig van die 23 spanne van regoor die land wat deelgeneem het.

Die ander afrigters van die span is Surika Pienaar en Chantelle van Rensburg.

Sonop o.13 netbalspan se kaptein, Mieke de Kock het voor hul vertrek gesê hulle sien uit na die wedstryde en is trots om die Nelson Mandelabaai metropool te verteenwoordig.

Laerskool Sonop se o.13A netbalspan het vanjaar al die Uitenhage en Despatch spanne in hul liga geklop. Hul het dié seges voortgesit en is ook as Nelson Mandelabaai kampioene gekroon.

Daarna het hulle aan die Oos-Kaapse kampioenskappe in Oos-Londen deelgeneem waar hulle ge-kwalifiseer het om deur te dring na die nasionale kampioenskappe in Boksburg.

Slegs twee Oos-Kaapse 0.13 netbalspanne het gekwalifiseer vir die nasionale ronde, Sonop as die beste span in die metro en Jeffreysbaai laerskool se span.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.