Sowat 3 000 geniet grootste tert

2017-04-27 06:00
=ATKV Jeugtak Dinamika van die Hoërskool Brandwag het die grootste yskastert in Suid-Afrika gemaak! So groot dat ’n kwart van die tert genoeg was om al Brandwag se meer as 800 leerders en personeellede elk ’n porsie te gee. Die res is geskenk vir liefdadigheid.                        Foto:HEILIE COMBRINCK

=ATKV Jeugtak Dinamika van die Hoërskool Brandwag het die grootste yskastert in Suid-Afrika gemaak! So groot dat ’n kwart van die tert genoeg was om al Brandwag se meer as 800 leerders en personeellede elk ’n porsie te gee. Die res is geskenk vir liefdadigheid. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Meng sowat 1 000 pakkies jellie, 300 blikkies kondensmelk, 300 pakkies tennisbeskuitjies en roer 300kg Bliss jogurt daarby ...

Dit is die resep vir Suid-Afrika se grootste yskastert. Die “tertedore” wat vir dié reuse lekkerte verant-woordelik was is die ATKV Jeugtak Dinamika van die Hoërskool Brandwag op Uitenhage

Die tert se afmetings was 4 meter by 4 meter en groot genoeg om meer as 3 000 porsies te kon uitdeel.

Dié yskastert is ’n nuwe Suid- Afrikaanse rekord wat nou behoort aan die Brandwag se ATKV-tak.

Brandwag se 80ste bestaansjaar word vanjaar gevier en elke kwartaal word ’n ander projek geloods.

Verlede kwartaal het meer as 800 leerders aan die pawiljoen-optrede deelgeneem, dié kwartaal was dit tyd vir lekker eet aan ’n groot verjaardagtert.

’n Reuse yskastert het ’n reuse spanpoging geverg en Clover het al die jogurt geskenk.

Brandwag se ATKV-skakel onderwyser, Karen Basson, sê Brandwag se ATKV-tak daag ander takke uit om ’n groter tert te probeer bak. Vir dié rede is Basson, die projekorganiseerder, ook traag om die presiese resep weg te gee.

Na ’n reuse- skoonmaakproses is ’n voedsel vriendelike Perspex-bak in die personeelkamer gebou.

Die tertedoor-span het bestaan uit 30 ATKV-leerders en 4 personeellede, geklee in haarnette, handskoene en voorskote.

Hulle het 8 ure lank gewerk om die tert voor te sit.

Net een kwart van die enorme tert was nodig om vir Brandwag se meer as 800 leerders en personeel-lede elk ’n 7 cm by 7 cm porsie te gee. Honger magies en soet-tande kon nader staan vir tweede en derde happies.

Die drie kwarte van die tert wat oorgebly het, is aan plaaslike liefdadigheidsorganisasies geskenk om Brandwag se soete verjaardag met soveel mense moontlik te deel.

(-Heilie Combrinck)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
There's an app for that: how apps have changed us

"There's an app for that" is more than just Apple's marketing mantra. Mobile apps have emerged over the last 10 years or so for practically every need in a person's day and changed our lives.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.