Spur-eienaar staan op vir ‘wat reg is’

2017-05-25 06:00
=Pieter Kruger, eienaar van Wild Rapids Spur op Uitenhage. Foto:verskaf

=Pieter Kruger, eienaar van Wild Rapids Spur op Uitenhage. Foto:verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die sterk bewoorde verklaring wat Uitenhage Wild Rapids Spur se eienaar op plaaslike sosiale netwerke vir inwoners van dié dorp sowel as van Despatch geplaas het, se rimpel-effek het wyd op nasionale vlak ge-draai met verrassende positiewe reaksie.

“Sit en wag is nie ’n strategie nie. ’n Mens moet self ’n verskil maak waar jy kan en veral mense se verkeerde persepsies gedraai kry,” sê Pieter Kruger, eienaar van Wild Rapids Spur op Uitenhage.

“Ek is uit die veld geslaan oor die publiek se positiewe reaksie en dit het op goeie ore geval by die restaurantgroep se uitvoerende bestuur. Dit is geweldig bemoedigend. Hier kom nou mense by die restaurant in net om dag te sê of blad te skud en sê ‘sterkte Pieter ons is trots op jou en dankie vir wat jy doen’,” sê Kruger, een van die eerste Spur-eienaars wat die ys gebreek het om te praat oor die sogenaamde nasionale Spur-boikot.

In Kruger se verklaring (lees hier) wys hy vinger na stringe vals-nuus wat mense vir soetkoek opeet en dit boonop nog deel met ander. Hy verwys ook na mense wat “my winkel bespreek en assosieer met ’n insident wat tussen twee individue plaasgevind het in ’n Spur in Johannesburg en weens swak bestuur het dit toe ’n nare nadraai gehad op alle sosiale platforms.”

Kruger sê die publiek besef nie dat elke Spur individueel besit word en dat die sukses van ’n besigheid direk afhang van ’n eienaar se toewyding en gemeenskapsbetrokkenheid. Laasgenoemde is juis dié aspek waarop Kruger die trotste is. Wild Rapids Spur het die afgelope 11 jaar sowat R6 miljoen in die plaaslike gemeenskappe en skole teruggeploeg.

“Wat die afgelope weke landwyd teen Spurs gebeur het, was ’n voorbeeld van ’n perfekte storm teen franchises. Dit is ’n bewys hoe sterk die invloed van sosiale media en verbruikerskeuses is, of dit nou geregverdig is of nie,” sê Kruger, wat in sy verklaring ook verskeie voorbeelde van vals-nuus teenoor die restaurantgroep uitlig.

Kruger se sosiale netwerk pleidooi het die gety laat draai in sy guns. Soveel so dat hy besluit het om ’n kameraspan na sy Spur te nooi om ’n reeks videos te maak “om vir die mense te sê bitter baie dankie vir die manier wat hulle my verklaring aanvaar het. En ook om die publiek te wys presies wat gebeur op ’n daaglikse basis hier by die Spur op Uitenhage. (Sien video hier onder.)

“My Spur se deure is oop vir my gemeenskap. Hierdie plek is my en my gesin se passie. En ek sal aanhou om te probeer om ’n positiewe verskil te maak in ’n gemeenskap waar mense hunker na die goeie,” het Kruger gesê.

Wild Rapids Spur bied 35 fondsinsamelingaande sowel as 35 Sizzling studies per jaar aan. Hierdie interaktiewe projekte gaan hoofsaaklik om deelnemers te wys hoe kos voorberei word en hoe ’n restaurant funksioneer.

“Geen van hierdie sou moontlik wees as ons enigiets gehad het om weg te steek nie,” het Kruger gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.