Stappers reg vir 400km se kruistog

2017-04-20 06:00
Hier is die span wat die kruistog gaan aandurf. Agter van links is Ryno Fourie, Nadia Basson (administrasie), Anton Ebersohn, Christo Jonck (veiligheidsvoertuig), Joe Kruger en Gary Cockcroft. Voor van links is Marius Swanepoel, Johan Landman, pastoor Marius Swanepoel en Heinrich Basson. Afwesig: Christo Cockroft.                             Foto:HEILIE COMBRINCK

Hier is die span wat die kruistog gaan aandurf. Agter van links is Ryno Fourie, Nadia Basson (administrasie), Anton Ebersohn, Christo Jonck (veiligheidsvoertuig), Joe Kruger en Gary Cockcroft. Voor van links is Marius Swanepoel, Johan Landman, pastoor Marius Swanepoel en Heinrich Basson. Afwesig: Christo Cockroft. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sou die 2.3 meter lange mobiele houtkruis, wat ’n bekende gesig is langs die paaie van Uitenhage en omgewing, ’n roeteteller gehad het was die lesing nou vêr oor die 1 000km.

’n Span van 8 manne neem môre om 04:00 dié 21kg kruis op vir hulle sowat 400km uitreikings-staptog om op 27 April die kruis neer te lê by die jaarlikse Mighty Men konferensie buite Middelburg.

“Dit is ’n groot uitdaging. Maar ons is liggaamlik en geestelik baie beter voorbereid as verlede jaar en is reg vir enige opdraande wat oor ons pad mag kom,” sê Heinrich Basson, koördineerder van die uitreikings-kruistog.

Verlede jaar het hulle die kruis oor 352km getrek. Vanjaar pak hulle ’n langer roete aan oor Addo, Paterson, Middleton, Kookhuis, Cradock tot in Middelburg.

Basson sê die instandhouding van die kruis wat op ’n enkelwiel getrek word is minimaal.

“Die oorspronklike wiel was kapot en ons het dit met ’n soliede wiel vervang. Nou hoef ons nie bekommerd te wees oor ’n pap wiel nie.”

Hy spot en sê wat die manne se instandhouding betref “moet hulle net meer as 100kg weeg om die kruis te trek want dit is ’n taai trek en soos met ’n kameel is reserwe-vet ’n bonus.”

Die kruis sal ’n gemiddeld van 65km per dag getrek word. En elke tree is ’n saak van gebed, want daar is ook 450 gebedsversoeke wat oor die 400km voltooi moet word.

Pastoor Marius Swanepoel sê, “elke tree op die pad, tree ons in gebed op vir mense wat hulle gebedsversoeke vir ons gegee het.

“Baie van die versoeke is om te bid vir mense wat aan kanker ly.”

  • Volgens Basson het hulle verlede jaar 30 Bybels aan mense langs die pad uitgegee, maar vanjaar is hulle geseën met meer as 200 Bybels in Afrikaans, Engels en Xhosa wat hulle aan mense gaan gee wat graag ’n Bybel wil hê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.