Stories op CD leer kinders lewenslesse

2016-11-03 06:01
=Adelle Gascoyne met ’n Spikkels en Skitter opvoedkundige CD, pretboek en inkleurkryt by een van die hobbelperdjies wat ook deur haar nie-winsgewende maatskappy gemaak word.                           FOTO: HEILIE COMBRINCK

=Adelle Gascoyne met ’n Spikkels en Skitter opvoedkundige CD, pretboek en inkleurkryt by een van die hobbelperdjies wat ook deur haar nie-winsgewende maatskappy gemaak word. FOTO: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hoe vroeër ’n kind oor lewenswaardes leer hoe groter is die kans dat dié kind later jare emosioneel volwasse sal wees en met selfbeheersing sy of haar rol in die lewe vervul.

Om die grondslag van goeie waardes vir die kleinspan verstaanbaar te maak het twee plaaslike vroue, Adelle Gascoyne en Andene Torlage, met ’n storie-CD en pretboek voren-dag gekom.

Dit was nog altyd ’n lewensideaal van Andene om ’n kinderboek te skryf. Sy het oor jare titels en storie-idees bymekaar gemaak. Dié ideaal het realiteit geword nadat haar pad met dié van Adelle gekruis het.

Adelle glo, “Almal het ’n storie om te vertel. Ons gaan deur baie dinge in ’n leeftyd. Die lesse wat ’n mens leer, soms op ’n harde manier, hoef nie verlore te gaan nie. Deur dit te publiseer kan dit eendag iewers iemand help om deur ’n krisis te kom en die goeie in die lewe te waardeer.”

Die Avonture van Spikkels en Skitter

Andene hou van ’n karakter met die naam “Spikkels” en nadat sy en Adelle ’n kreatiewe dinkskrum gehou het, is besluit Spikkels is ’n seester en sy maatjie is Skitter, ’n ster langs die maan.

“Ons was vuur en vlam en ons eerste CD van ses stories is opgeneem. Die storie bied besprekingspunte met rolverdelings en dit fokus op lewensvaardighede, geletterdheid en syfervaardigheid,” sê Adelle.

Andene is ’n gekwalifiseerde graad R-opvoeder met ’n honneursgraad in remediërende onderwys. Sy meen daar is ’n behoefte vir goeie kwaliteit stories vir graad R-leerlinge.

“Spikkels (die seesterretjie) se storie begin nadat ’n storm hom alleen uitspoel en hy op sy eie moet oorleef. Dit bied die geleentheid om vaardighede en lewenslesse vir kinders te leer oor wat om te doen as jy alleen is, of eensaam is, of nie maatjies het om mee te speel nie,” sê Adelle.

Sy is ’n gekwalifiseerde mediater in konflik-hantering en werk met rehabilitasie van gevangenes.

“Dit is moeilik om denkwyses te verander van volwassenes wat 40-50 jaar se bagasie en slegte gewoontes agter die blad het. Maar as goeie waardes in kleuterjare vasgelê word, is die grondslag daar vir ’n toekomstige emosioneel volwasse mens,” sê Adelle.

Die CD’s is opgeneem by Jan en Des van As in hulle musiekateljee op Despatch.

Pers-lint vir Vrede

Adelle het ook die Pers-lint vir Vrede lewensvaardigheidprogram ontwikkel om mense vaardighede aan te leer in konflikhantering. Dit is ’n program wat deel vorm van haar nie-winsgewende maatskappy Help Our People Excel (HOPE) Foundation.

Adelle sê sy glo in nalatingskap en wil met die kinderleesboek en CD sowel as haar Pers-lint vir Vrede ’n verskil maak in die lewe.

  • Vir meer inligting oor die CD en pretboek bel Adelle by 041 955 5813.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.