Stroop van boorde moet gekeer word

2016-03-17 06:00
=Sitrusboere in die Sondagsriviervallei ly miljoene rande se verliese weens diewe wat veral op suurlemoenboorde toeslaan en van vrugte stroop. Vicky Knoetze, DA-LPW vir die Sondagsriviergebied, en Bobby Stevenson, DA-LUR vir veiligheid en sekuriteit, het ná ’n besoek aan die gebied versoek dat die Valke opdrag gegee word om die diefstalle te ondersoek. Boere in die gebied vermoed dat ’n sindikaat betrokke is.                               Foto VERSKAF

=Sitrusboere in die Sondagsriviervallei ly miljoene rande se verliese weens diewe wat veral op suurlemoenboorde toeslaan en van vrugte stroop. Vicky Knoetze, DA-LPW vir die Sondagsriviergebied, en Bobby Stevenson, DA-LUR vir veiligheid en sekuriteit, het ná ’n besoek aan die gebied versoek dat die Valke opdrag gegee word om die diefstalle te ondersoek. Boere in die gebied vermoed dat ’n sindikaat betrokke is. Foto VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die diefstal en vandalisme van sitrusboorde in die Sondagsriviervallei hou ’n risiko in vir duisende werkgeleenthede en moet dadelik gestuit word.

Só het Vicky Knoetze, DA-LPW vir die gebied, in ’n verklaring gesê in reaksie op klagtes dat die polisie nie werk maak van klagtes wat by hulle ingedien word nie.

Knoetze en Bobby Stevenson, die DA se LUR vir veiligheid en sekuriteit, het die gebied Vrydag besoek. Sy het gesê hulle het die polisie gevra om die aangeleentheid na die Valke te verwys, want die betrokkenes is klaarblyklik ’n goed opgeleide organisasie.

“Ons het aan die bevelvoerder van die Addo-polisiekantoor verduidelik hoe belangrik dit is om die sindikaat wat vir die diefstal en vandalisme verantwoordelik is, aan die man te bring.

Boere in die gebied worstel al minstens drie jaar met die probleem, het Hannes de Waal, hoofbestuurder van die Sondagsrivier Sitruskoöperasie, gesê.

“Die hoofsaaklik uitvoer-suurlemoene, word snags per vragmotor en met bakkies uit die boorde weggery. Die omvang van die skade word nog bepaal, maar dit is etlike miljoene rande per jaar.

Een boer in die vallei het oornag R3 miljoen se skade gely toe stropers een volmaan-nag op sy suurlemoenboord toegeslaan het.

“Boere het genoem dat klagtes ingedien word, maar die polisie dit na bewering nie ernstig opneem nie.”

Lt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het in reaksie op die bewerings gesê die polisie ondersoek elke klag wat ingedien word. Sy dra net kennis van twee sake wat verlede jaar aan- hangig gemaak en suksesvol deur die polisie ondersoek is.

Volgens Deon Joubert, voorsitter van die Sondagsrivier-landbouvereniging, is daar aanduidings dat buitelanders agter die meeste van die beweerde oortredings sit.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.