Swendelaar kry opgeskorte vonnis

2016-06-02 06:00
Willie Brynard.  Foto: WERNER HILLS

Willie Brynard. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Willie Brynard, die motorswendelaar wat in Uitenhage sake gedoen en verskeie mense met die koop van motors ingeloop het, is in die landdroshof skuldig bevind aan diefstal.

Brynard (52), wat skuld beken het op al vier aanklagte, is tot 36 maande tronkstraf gevonnis wat vir vier jaar opgeskort is.

“Hy word egter nie onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit nie,” het landdros Neil Carol tydens die vonnisoplegging gesê.

In die klagstaat is uiteengesit hoe Brynard oor ’n tydperk van 18 maande sowat R91 500 van voornemende motorkopers gesteel het.

Hy het as deel van sy pleitooreenkoms met die staat al vier die klaers se geld terugbetaal.

Die feit dat hy ’n eerste oortreder is en twee van sy drie kinders nog van hom afhanklik is, het as versagtende omstandighede gedien.

Brynard, wat tans motorherstelwerk doen, is op 13 April in Walmer in hegtenis geneem nadat hy ’n vrou met die koop van ’n motor ingeloop het. Hy het aanvanklik op 14 April op ’n aanklag van bedrog in die hof verskyn.

Hy is toe op borgtog van R300 vrygelaat nadat hy nie die aanvanklike bedrag van R1 000 kon bekostig nie.

Intussen het ses mense, van wie drie daarin geslaag het om strafregtelike sake teen hom aanhangig te maak, vorendag gekom en beweer dat ook hulle met motortransaksies ingeloop is.

Die ander drie het regsadvies vir siviele eise teen Brynard ingewin.

“Ons is tevrede met die uitkoms van die saak,” het een van die slagoffers, wat verkies het om anoniem te bly, gesê.

“Al wat ek wou hê, is dat my geld aan my terugbetaal moes word en ek is in kennis gestel dat die volledige bedrag wat hy my skuld binne die volgende dag of twee in my bankrekening sal wees,” het sy gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.