‘Tog te (s)kattig - hond voed katjies

2016-04-07 06:00
=Patches, die hond, hou ’n beskermende poot om haar twee kattekinders, Oscar (links) en Twinkle.                                              Foto: WERNER HILLS

=Patches, die hond, hou ’n beskermende poot om haar twee kattekinders, Oscar (links) en Twinkle. Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Wie ook al die uitdrukking: “baklei soos kat en hond” uitgedink het, moet dié idioom dalk heroorweeg, noudat Patches (2), ’n kruising tussen ’n Jack-Russell en Poedel, die teendeel bewys.

Patches het die alle ongeskrewe honde- reëls verbreek toe sy vir Oscar en Twinkle, twee rondloperkatjies van onseker afkoms, toegelaat het om aan haar te begin drink.

Dis dié ongewone, dog (s)kattige gesig wat mense begroet wanneer hulle Patches en haar kroos se domein in Scanlanstraat, Uitenhage betree.

Vanessa Kroutz, Patches se mense-ma, glo dat Patches nou weer vreugde gevind het na haar miskraam in November verlede jaar.

“Sy stort nou haar moederliefde, wat nooit tot vervulling gekom het nie, op die katjies uit. Sy volg hulle waar hulle ookal gaan. Sy maak hulle ook gereeld skoon en speel tog te lekker met hulle!”

Dit blyk dat Patches bestem was om Oscar en Twinkle te versorg. Sy was in Desember weer dragtig, maar al haar kleintjies het glo kort na geboorte gesterf. Dis dié dat sy nog melk het.

Kroutz se kuiergaste kan hul oë nie glo nie. “Elke keer as ek kuiergaste kry, is hulle meer doenig met die driemanskap as met my. Hulle sê hulle kan nie glo wat hulle sien nie en neem dan foto’s en videos.”

Volgens Kroutz is Patches darem ook nie heeltemal onkundig wanneer dit by kattegrootmaak kom nie, aangesien sy dit al ’n vorige keer gedoen het.

“Ons ouer kat, Snowy, het na die miskraam ook aan haar gesuip. Alhoewel hy nou heelwat ouer as die ander twee katte is, suip hy sommer nou vir die lekkerte weer al te heerlik saam!”

Op die vraag of sy dit ooit sal oorweeg om Patches weg te gee of te verkoop, antwoord sy: “daar is nie ’n kat se kans nie!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.