Tragiese kop-aan-kop ongeluk op snelweg

2017-07-27 06:00
Carika Rheeder

Carika Rheeder

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hy het Sondagaand op die bank gesit en wag vir die harde musiek wat aandui dat sy vrou buite die huis stilgehou het.

Toe kom daar egter ’n klop aan die deur – van ’n polisiebeampte met die tyding dat sy vrou in ’n motorongeluk gesterf het.

Só het Otto Rheeder, self ’n beampte van die Mountweg-polisiekantoor in Port Elizabeth, vertel van die ongeluk wat Sondagaand buite Uitenhage die lewe van sy vrou, Carika (34), en nog ’n motoris, Alain Krog (22), geëis het.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het ’n Volkswagen Golf en ’n Ford Bantam-bakkie omstreeks 20:00 op die R75 tussen Despatch en Uitenhage teen mekaar gebots. Albei bestuurders is op slag dood.

“Een van die voertuie was na bewering aan die verkeerde kant van die pad,” sê Swart. “Die oorsaak van die ongeluk word egter nog ondersoek.”

Carika, ’n teatersuster verbonde aan die Netcare Greenacres-hospitaal, het op haar eie huis toe gery.

“Ons het die naweek op ’n vriend se plaas buite Uitenhage deurgebring,” sê Otto. “Sy was voorheen ’n polisiebeampte en het aansoek gedoen om weer na die polisie terug te keer. Om dié rede moes sy Maandag na Oos-Londen gaan vir psigometriese toetse, en toe ry sy vroeër van die plaas af om padkos vir die rit op te laai.”

Otto en hul seun, Ian (6), was dus tuis toe die nuus van die ongeluk kom. “Sy het altyd die radio in haar motor hard laat speel as ’n teken dat sy tuis is en ek die hek moet kom oopmaak. Toe sit ons en wag vir die musiek, en voor ek my kon kry, staan ’n polisieman voor my deur.”

Dit is nie die eerste keer dat Otto dié nagmerrie ervaar nie. “In 2005 is my verloofde en my dogter, wat toe 18 jaar oud was, ook in ’n botsing reg van voor oorlede.”

Hy en Carika is in 2009 getroud. “Sy was ’n baie mooi mens. Sy het vir almal omgegee en sou haarself benadeel om ander te help.”

Krog se stiefma, Adri, het hom as ’n soortgelyke mens beskryf. “Hy was ’n wonderlike, lojale mens,” het ’n gebroke Adri vertel. “Hy het sy lewe voluit geleef en wou altyd die mense om hom help en tevrede stel.”

André Bothma, hospitaalbestuurder van Greenacres, het sy medelye met Carika se gesin betuig. “Sy was amper twee jaar lank by ons werksaam en was ’n getroue en lojale werknemer,” sê hy.

“Ons betuig graag ons innige simpatie en meegevoel met haar familie en vriende en dink aan hulle in hierdie hartseertyd.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.