Tuinman skryf boek oor ‘wilde jare’ en vergifnis

2016-12-08 06:01
=Vossie Vorster met sy Son of Africa outobiografie.                                             Foto: HEILIE COMBRINCK

=Vossie Vorster met sy Son of Africa outobiografie. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vossie Vorster is op Uitenhage bekend as die man wat sy kwekery bedryf in Cuylerstraat. Maar as hy nie tussen die plante is nie hou hy daarvan om te skryf.

Die afgelope 4 jaar het hy in sy vryetyd sy outobiografie, Son of Africa, geskryf wat onlangs bekendgestel is.

Vorster sê Afrika is ‘n harde kontinent wat jou kan onderkry as jy nie op ‘n geestelike vlak sterk staan en bly glo nie. Hy was 10 jaar oud toe sy ma wreed aangeval en verkrag is. Sedert daardie traumatiese dag het hy onverskrokke, roekeloos en doelloos begin lewe. Hy was aggressief en het swart mans gehaat weens die wrede aanval op sy ma.

“Maar ek het besef ek doen myself en almal om my ‘n onreg aan deur so te lewe,” sê Vorster.

In 1984 het pastoor Reinhardt Bonke in die Baai voor ‘n propvol Veremarksaal gepreek en sy woorde daardie dag, “I am willing to die for Africa” het Vorster bloedneus geslaan.

“Ek het ek huistoe gegaan en vir drie ure aanmekaar in die badkamer geween oor my lewe. Dit was so erg dat selfs die bure gehoor het hoe ek huil.

“Van daardie dag af het ek die seer en haat van my verlede begin omkeer deur ‘n hand uit te reik na ander.

“Dit was in die jare toe ons nog van terroriste gepraat het en politieke onrus hoogty gevier het in Suid-Afrika. Township Ministry het my gered van ’n lewe van verwoesting en ek het besef ek is ook ’n Son of Africa.

“Mense het gesê ek is mal om as witman in KwaNobuhle, Soweto-on-Sea en Njoli Square te gaan. Maar ek was nie bang nie, ek was ook willing to die for Africa.

“Dit was skrikwekkende belewinge. Om ‘n massa jeugdiges met vuiste in die lug te sien aangehardloop kom is vreesaanjaend. My lewe was baie keer in gevaar, ek is gedreig met ‘n mes, daar was bomme, maar die Here het my beskerm.”

Vorster sê politiek het nog altyd die land omgekeer, maar Suid-Afrikaners is taai.

“Ons is nou weer in polities onstabiele tye. Dinge wat ouens soos Malema en ander sê mag verdoemend klink, maar ons moet luister na wat die Here sê.

“Wanneer ‘n nasie sy rug op die Here draai kry hy leiers wat hy verdien. Op ’n geestelike vlak gaan ons moeilike tye in, daarom is dit tyd vir mense om op te staan vir wat reg is,” sê Vorster.

Sy boek bevat koerantberigte en fotos oor onder andere die Goniwe- en Kinikini-moorde, plaaslike opstande en sy uitreikbesoeke as deel van die Township Ministry groep.

“Die boek is my ge-tuienis en gaan oor vergifnis en om mense wat verlore voel te help en weer hoop te gee.”

In die finale fase van sy boek het Vorster ‘n temalied met dieselfde titel as die boek ge-skryf en dit ingesluit by sy lewensverhaal.

Die boek is by Downtown Printers op Uitenhage gedruk en is teen R100 per eksemplaar beskikbaar by Vorster se Garden Town kwekery in Cuylerstraat.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.