Tydren-Tiere trap lepel diep

2017-05-25 06:02
=JP Smit (links), gr. 11-leerling aan die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar op Uitenhage, is vanjaar die bestuurder van sy skool se eie tydrenmotor. By hom is Francois Vermaak, ’n onderwys-er by die skool wat in die passasiersitplek as navigator moet optree. Foto: HEILIE COMBRINCK

=JP Smit (links), gr. 11-leerling aan die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar op Uitenhage, is vanjaar die bestuurder van sy skool se eie tydrenmotor. By hom is Francois Vermaak, ’n onderwys-er by die skool wat in die passasiersitplek as navigator moet optree. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Spoed is nie net ’n ding wat jou in die moeilikheid met ’n verkeersman sal laat beland nie, dit is ook ’n ernstige kuns van lepel trap en los, stuurwiel in die regte rigting draai en kophou oor klip, deur watergat en in stofbolle.

Só iets, hierdie jaag teen tyd oor ruwe terrein in ’n opgewarmde motor, is mos net vir grootmense bestem?

Nee, toe nie.

En die spoedvrate van die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar op Uitenhage sal jou gou wys hoe goed hulle in hul eie tydrenmotor vaar – ’n Golf 1, aan die skool geleen deur die Algoa Rally Club.

Verlede Saterdag het die Tydren-Tiere juis weer grond, klip, water én modder laat spat toe hulle ’n pretdag op die veldbaan van die Port Elizabeth-ovaalbaan aangebied het.

Tog is dit nie ’n geval van net lekker wintie jaag nie, want dié motorsport vorm deel van ­Daniel Pienaar se tegniese leerplan.

Van die leerlinge werk self aan die motor, ander ry (met ’n onderwyser wat navigeer), sommige doen die administrasie, en ander doen baanwerk. Kortom, alle fasette van tydrenne word in Daniel Pienaar se motorsportprogram opgeneem.

Die onderwysers is net daar as tegniese raadgewers, verduidelik Francois Vermaak, een van die tegniese onderwysers. “Dit is net wanneer hulle vashaak met die oplossing van probleme. Verder doen die leerlinge alles self. Hulle moet selfs ook sorg dat die borge inkom.”

JP Smit, in gr.11 aan dié skool, is vanjaar die bestuurder van die skool se tydrenmotor. “Ja, jissie, ek is baie dankbaar dat die skool my gekies het, dit is vir my flippen lekker!”

Daniel Pienaar is die oudste tegniese skool in die land, en motorsport is al geruime tyd amptelik deel van die skoolsport, voeg Vermaak by.

“Ons was lank die enigste skool in die land wat motorsport as ’n skoolsport erken het.”

Volkswagen, een van Daniel Pienaar se motorsportborge, gaan binnekort ’n nuwe Polo beskikbaar stel, waarmee die leerlinge dan sal ry.

“Dan sal die leerlinge weer van vooraf nuwe elektronika moet aanleer. Dit is ’n lekker uit­daging wat wag,” sê Vermaak.

  • Besoek www.danielpienaar.co.za as jy meer besonderhede oor dié skool se motorsportprogram wil hê.

Jy kan ook sy Facebookblad Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar besoek, of die skool by 041 922 9990 skakel.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

Partner Content
What all investors should know about index investing

Index-linked investments are growing fast in popularity globally, and are growing in size and complexity too.

/World
 

For the love of Corgis!

WATCH: 35 Corgi's to make your day! If they’re good enough for the Queen of England they’re good enough for us.

 
 

Paws

Can we communicate with our pets?
8 great natural remedies for your pet
Buying a puppy? Don’t get scammed!
WATCH: These funny animal videos will make you LOL!
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.