U’hage duiweboer gekroon as SA skoukampioen

2017-03-30 06:02
=Gert Nell, nuutgekroonde SA posduiforganisasie se skoukampioen.Foto:HEILIE COMBRINCK

=Gert Nell, nuutgekroonde SA posduiforganisasie se skoukampioen.Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Duiweboer van Uitenhage is aangewys as die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduif- organisasie se 2016 skoukampioen. Dit is die eerste keer in duiwewedvlug-geskiedenis dat iemand van die Oostelike Provinsie hierdie gesogte titel wen.

Gert Nell (77) het dié titel nou agter sy naam nadat hy die meeste punte behaal het vir sy duiwe tydens die nasionale skou wat verlede jaar by Humerail aangebied is. Die toekenning is twee weke gelede tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduiforganisasie se jaarlikse kongres wat in die Summerstrand Hotel gehou is, aan Nell oorhandig.

“Die kongres was fantasties en is goed ondersteun deur baie duiweboere van regoor die land.

“Dit was ook wonderlik dat hulle duiweboere wat 80 jaar en ouer is en steeds deelneem aan die sport, spesiale erkenning gegee het,” sê Nell, wie ook ’n erelid is van die Oostelike Provinsie Posduifvereniging.

Nell het 46 van sy duiwe geskou waarvan 6 duiwe as kampioene in hul onderskeie afdelings gewen het. Heelwat van Nell se duiwe was naaswenners met ’n hele paar 3de en 4de plekke.

Nell het vir 9 jaar sy duiwe na streekskoue geneem en dit was die 4de nasionale skou waaraan hy deelgeneem het. By die vorige nasionale skoue het hy twee keer ’n derde plek behaal, ’n vyfde en nou is hy die kampioen.

“Die jaar wat ek in Bloemfontein gaan duiwe skou het, was daar 22 miljoenêrs wat ook deelgeneem het. Ek stap met my duiwe in rottangmandjies, hulle het kaste met gordyne en riffelglas en elke duif in sy eie kompartement.

“Ek het gedink, wat se kans staan ek! Dit was die jaar wat ons 5de geëindig het en meeste van die miljoenêrs geklop het.”

Nell sê dit is ’n duur sport, maar hy is sy twee borge, Willie de Jager en Willie Steenkamp ewig dankbaar dat hy en sy vrou Orgia Nell nog duiwe kan vlieg en hul passie vir die sport uitleef.

Hy het in 1956 met die sport begin en sê dit is een van min sportsoorte waar daar geen ouderdomsbeperking is nie.

Nell is ’n lid van die Uitenhage Posduif- vereniging ook bekend as UHS (Uitenhage Homing Society).

Nog ’n lid van dié vereniging, Gerhard Doubell, het sy SA-kleure tydens die kongres ontvang vir administrasie in die sport.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

Embracing sustainability in tobacco agriculture

In Sub-Saharan Africa, farming represents a subsistence lifestyle for millions of people. In recent years though, the development of farming into an economic activity has made a real change in how the land is used in providing for the population.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.