U’hage motorhandelaar in hof

2016-03-17 06:00
<Willie Brynard (52), ’n motorhandelaar wat in Uitenhage sake gedoen het, verlaat Maandag die landdroshof in dié dorp nadat hy op borgtog vrygelaat is. Brynard is Sondag in hegtenis geneem op ’n aanklag van bedrog.  Foto: WERNER HILLS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die polisie moedig klante wat met die motorhandelaar Willie Brynard sake gedoen het aan om na vore te kom nadat hy gister hier in die landdroshof op ’n aanklag van bedrog verskyn het.

Brynard (52) is Sondagoggend omstreeks 08:00 by sy huis in Albertstraat, Port Elizabeth, in hegtenis geneem omdat hy na bewering ’n vrou van Uitenhage met die koop van ’n motor ingeloop het.

Die Burger het verlede week berig oor dié vrou, ’n pastoor van Uitenhage, wat na bewering R39 000 vir ’n Chevrolet Spark in die verdagte se bankrekening inbetaal het, maar nooit die motor of ’n sent terug ontvang het nie.

Twee mense, Jean Minnaar en Raymond Bezuidenhout, het daarna na vore gekom en vertel hoe hulle ook na bewering in motortransaksies ingeloop is.

Brynard is Maandag deur landdros John Montgomery op borgtog van R300 vrygelaat nadat hy nie die aanvanklike borgtogbedrag van R1 000 kon bekostig nie.

Hy moet op 9 Mei weer in die hof verskyn.

Lt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het klante van Brynard aangemoedig om met die polisie in aanraking te kom.

“As die vereistes van ’n saak voldoen aan dié van ’n strafregtelike saak, moet mense dit aanmeld,” het sy gesê.

“Mense moet ook versigtig wees wanneer hulle aankope doen en daar geld en goedere betrokke is,” het sy bygevoeg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.