Uitsettingsbevel vir woonwa loseerders?

2016-12-15 06:01
=Yolanda Erasmus en Dennis Koen by van die woonwaens wat as losies dien vir haweloses.        Foto: HEILIE COMBRINCK

=Yolanda Erasmus en Dennis Koen by van die woonwaens wat as losies dien vir haweloses. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Dit is skuins voor Kersfees en ’n uitsettingsbevel hang oor die koppe van 20 mense wat wettige loseerders is in woonwa-akkommodasie op ’n perseel by Johnstraat, Uitenhage.

Yolanda Erasmus besit 12 woonwaens en huur die perseel waarop dit staan met goedkeuring van die eienaar om huisvesting te bied aan dié andersins haweloses.

“Nou, na 17 jaar wat die woonwaens hier staan, het die owerhede ’n probleem en verwag ek moet die mense kennis gee om te trek. Hoekom?” vra Erasmus ontsteld, want oor die jare hou sy volledig boek van al die verbeteringe om seker te maak haar woonwa-akkommodasie voldoen aan munisipale ver-eistes.

Dennis Koen wat verantwoordelik is vir die instandhouding van die perseel, sê hy kan nie verstaan nie hoekom dié woonwa-verbly nou ewe skielik as ‘n probleem beskou word “ Die afgelope 8 jaar is die uitleg nog dieselfde. Die brandweer het ’n paar keer kom inspeksie doen en was tevrede met ons brandblussers en veiligheidsmaatreëls. “

“Lank terug het die munisipaliteit ons be-veel om ’n Wendy-huis en hout te verwyder en ons het. Daar was ’n probleem met die kragtoevoer, dit is reggemaak. Wat ook al van ons gevra word om hierdie perseel wet- tiglik te bestuur, dit doen ons.”

Koen hou die betalingstrokies uit om te wys die werk ís gedoen: R7 000 is bestee op ’n kragboks. Kragkabels is ondergronds aangelê na elke woonwa. Gasbottels is verwyder. Kameras is aangebring.

“Ek verstaan regtig nie wat nou aangaan nie. As die brandweer ’n brief bring en sê die woonwaens moet 2 meter uit mekaar wees, dan doen ek dit. As ek woonwaens moet uithaal, dan doen ek dit.

“Hier is reëls en regulasies. Hier word nie ingebreek of gesteel nie. Ons mense gee nie probleme nie,” sê Koen.

Volgens Erasmus is die meeste van die “woonwa-mense” op ongeskiktheids- of ouderdomspensioen en van hulle doen “skarrelwerk” om ’n ekstra inkomste te verdien.

“Ek staan by my medemens. Ek het nog nooit gesê ek worry nie wat die wet sê nie. Maar ek sal my hande af-baklei vir my mense. Sit my maar in die tronk ek is lankal genees van claustrophobia,” sê Erasmus.

Sy en Koen wys fotos en beeldmateriaal wat gemaak is van die inwoners wat oor die jare daar gebly het. Hulle vertel van die baba wat daar gebore is en hoe Koen die naelstring moes knip. Hulle moes op eie onkoste al menige inwoner ter ruste laat lê en begrafnis hou omdat daar geen familie is nie. So is hulle voertuig ook al baie keer ingespan as ambulans om siekes by die hospitaal te kry.

“Ons gee om vir ons mense. Moet nie vir my sê ek bedryf die plek dat dit gevaar vir ons mense inhou nie. Ons doen alles om vir hulle ’n huis te bied.

“Ek raak nie ryk uit hierdie mense nie. Maar my hart is ryk, want ons plek is vir vrede en liefde,” sê Erasmus.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.