Unieke ‘baksteentjie’ medalje vir Despatch padwedloop

2017-09-07 06:01
<Een van die Despatch Atletiekklub se unieke en handgemaakte skoorsteen-medaljes wat gewen kan word in eerskomende Saterdag se 10km padwedloop op die dorp. Dit is die eerste van ’n reeks medaljes wat jaarlikse deur Despatch Atletiekklub uitgegee gaan word.         Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Deelnemers aan padwedlope wat vir die volgende paar jaar deur Despatch Atletiekklub aangebied word, kan nou ook versamelaars raak van ’n reeks unieke handgemaakte medaljes wat eksklusief vir dié klub gemaak word!

Die eerste van dié reeks handgemaakte medaljes word eerskomende Saterdag uitgegee aan atlete wat die klub se 10km padwedloop voltooi. Nog ’n bonus met dié byeenkoms is dat dit vanjaar ook dien as die OP 10km kampioenskappe.

Die 2017 Despatch Atletiekklub 10km Padwedloop medalje is in die vorm van ’n mini baksteen waarop die dorp se historiese skoorsteen uitgebeeld word.

“Die baksteen-medalje lyk en voel soos ’n regte baksteentjie. Dit is van pottebakkersklei en is soos dit ’n goeie baksteen betaam ook gebak,” sê Yvette Jonker van die Despatch Atletiekklub.

“Die baksteentjie vorm deel van ’n reeks medaljes wat ons vir die volgende paar jaar met ons wedloop gaan uitgee.”

Chere Schaup van Despatch, ‘n kunsstudent by Nelson Mandela Universiteit, het die medaljes ontwerp en gebak.

Despatch se oorsprong én naam is te danke aan die baksteenbedryf van die 19de eeu.

Die area langs die dorp, aan die rivierkant, was bekend vir sy kleigrond en bakstene van besondere hoë kwaliteit is daar vervaardig.

Masjinerie is uit Brittanje ingevoer vir dié baksteengroef en dit was in sy tyd een van die mees moderne steengroewe in Suid-Afrika. Gedurende die 1930s was die Despatch-baksteengroef die enigste steengroef in die gebied en baie geboue in Port Elizabeth en Uitenhage is met die Despatch-stene gebou.

Die dorp se naam is ook afgelei van die Engelse woord “despatched” wat verwys na die stene wat vanaf dié baksteengroef na Port Elizabeth versend is. Uit die volksmond is daar met tyd na die stasie as Despatch verwys en so het die dorp sy naam gekry.

Een van die hoogoonde se skoorstene is gerestoureer en is ’n toeriste-besoekpunt op die dorp. Dié skoorsteen pronk ook op die dorp se wapen.

Die Despatch Atletiekklub 10km Padwedloop word Saterdag om 07:00 gehou met die begin- en eindstreep by Despatch Superspar. Daar is ook ’n 5km pretloop.

(Sien meer oor die wedloop op p. 16)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Watch: Investing in the future through child development

An investment of R32-million into 11 early childhood development centres is changing the future for children in the Northern Cape.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.