Veiligheidskoene geskenk aan herwinningsprojek

2017-09-28 06:00
=Hier oorhandig Ronel Joubert (agter) van Bagshaw Footwear Company van die veiligheidskoene aan Mula-vrywilligers en Quinette Goosen (voor regs).  Foto:VERSKAF

=Hier oorhandig Ronel Joubert (agter) van Bagshaw Footwear Company van die veiligheidskoene aan Mula-vrywilligers en Quinette Goosen (voor regs). Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Om kinders te leer om nie bakhand te staan nie, maar eerder iets vir jouself te doen en terselfdertyd die omgewing op te ruim, is die boodskap wat Uitenhage se Mula-herwinningsprojek uitleef.

Dit is dié sienswyse om ’n verskil in die samelewing te maak en terselfdertyd armoede te help verlig wat ’n maatskappy wat veiligheidskoene vervaardig, Bagshaw Footwear Company, laat besluit het om 1 000 paar skoene aan die Mula-projek te gee.

Quinette Goosen, wat die Mula-projek op Uitenhage begin het in samewerking met vrywilligers uit die gemeenskap sê, “Dit is wonderlik dat Bagshaw die herwinningsprojek so goedgesind is. Ons is baie dankbaar vir dié ongelooflike bydrae.”

Volgens Ronel Joubert van Bagshaw Footwear Company, is die maatskappy ook by ander gemeenskapsprojekte betrokke. Maar dit is juis Mula se hoofdoelwitte waarby Bagshaw aanklank vind naamlik om armoede te help verlig en om die omgewing skoon te maak.

Goosen sê dat hulle van die skoene gaan verkoop teen billike pryse om fondse in te samel vir die projek se kosvoorraad.

“Van die skoene sal Mula aan mense gee wat dit nodig het. Daar is veral groot manskoene wat lank gaan neem om base te kry,” sê Goosen.

Woensdae is Mula-dae waarop kinders herwinbare plastiek en karton kan inbring om hul eie Mula’s, bereken op die gewig van hul sakke herwinbare rommel, kan verdien.

Met dié Mula’s kan hulle ‘inkopies’ in die Mula-winkel doen – enigiets van speelgoed, klere, skoene, wasseep en kos.

Net onder die 2 000 kinders is by die projek geregistreer en op Mula-dae daag tussen 250 en 350 kinders op met hul herwinbare produkte.

In die twee jaar dat Uitenhage se projek aan die gang is, is 37 564kg se plastiek en 16 434kg karton uit die omliggende woongebiede ingesamel.

Nagenoeg 6540kg se onherwinbare items is ook uit die woongebiede verwyder.

  • Vir meer inligting kan Quinette Goosen gebel word by 082 846 3327 of lees meer by Uitenhage Recycling Mula Shop op Facebook.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.