‘Verandering ter wille van verbetering’

2017-03-09 11:58
Madeléne Sachse                                     Foto:HEILIE COMBRINCK

Madeléne Sachse Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Madeléne Sachse, een van die eerste leerders van Voorbereidingskool Despatch, is sedert Februarie vanjaar aangestel as die waarnemende prinsipaal by haar Alma Mater.

Sy beklee dié pos nadat Hester Basson einde Januarie afgetree het. Hul het die onderwyspad saamgestap vir 31 jaar.

Dié pad het begin toe Sachse ’n proefstudent in Basson se klas was. Later het hulle Sub A kollegas geword en toe is Basson aangestel as departementshoof. Met haar aanstelling as skoolhoof het Sachse die departementshoof pos gevul.

“Hester was ’n gereserveerde harde werker. Wat sy gedoen het het sy voluit gedoen en ’n mens moes werk om by te bly,” sê Sachse.

“Skool sake was skool sake, maar wanneer jy haar nodig gehad het om oor persoonlike sake was sy met deernis daar vir haar personeel.”

Vanjaar is dit die skool se 45ste bestaansjaar en Sachse en die personeel is vol planne om die publiek meer bewus te maak van wat alles by Voorbereidingskool gebeur.

“Ons het ’n uitstekende verhouding met die onderwys departement se distrikskantoor en curriculum gewys word die skool hoog geag.”

Een van die planne wat Sachse en haar personeel het is om die boodskap duidelik uit te kry dat die skool daar is om ’n hand uit te reik na die breë gemeenskap.

“Hier kom so baie van ons leerders se oumas en oupas wat nie kan lees of skryf nie. Ons wil ’n dag per week 10 ongeletterdes op ’n slag leer lees en skryf en so hulle help bemagtig.

“Ek wil regtig hê ons moet hiermee baanbrekerswerk doen en die gemeenskap en ouers nader trek en meer betrokke kry by ons skool,” sê Sachse.

Sy verwys met entoesiasme na die nuwe beheerliggaam, die personeel, span jong onnies en studente wat met ywer take aanpak en met nuwe idees vorendag kom.

Een van die persepsies wat Sachse spoedig wil verander is dat mense dink Voorbereidingskool Despatch is ’n kleuterskool. Die skool met sy leerdertal van 500 bied onderrig vanaf graad R tot graad 3.

“Die voordeel van ’n voorbereidingskool is dat aktiwiteite spesifiek vir grondfase leerders aangebied word. Die kleintjies kry ge-leentheid om hulself te ontwikkel binne hul eie portuur en geniet baie meer blootstelling en erkenning,” sê Sacshe.

Sy sê sy het ’n passie vir mense, om kennis te deel en is ’n mens vir verandering ter wille van verbetering.

“Daar is so baie om te doen wat nog nie gedoen is nie. As ’n ding vir jou werk, deel dit met ander. Ek is mal oor ’n kultuur van ‘help mekaar’. Ons moet nie vashou aan uitvoerbare planne wat ’n verskil by ander skole kan maak nie. Saam kan ons die gemeenskap ten goede help verander.

“Daar het in ’n kort tyd baie energie by die skool losgekom en ek dink nie in my tyd gaan ons al die planne uitgevoer kry nie, maar ons gaan try!” sê Sachse.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Partner Content
How data is changing investments

Technological disruption is rife in many spheres of business and given the quantity of data available, it’s no surprise that the way in which asset managers work is also changing fast.

Behind the sparkle

Alluring, beautiful and timeless - diamonds are some of the most sought after gems in the world and are a true testament of everlasting brilliance. Let us take you behind the sparkle to show you the history behind this coveted jewel.

/News
 

Play with your pet when you're not at home

Many pets are alone at home during the week while their owners are at work. So what do these animals get up to while they’re home alone?

 
 

Paws

How to get rid of fleas
12 Cool cat facts
Chocolate can be fatal for dogs
Spider-man star's adorable relationship with his dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.