Verstopte sloot: Water stroom deur huis

2017-01-12 06:01
=Freddie Olivier kyk moedeloos na waar stormwater deur sy huis op Despatch gestroom het.  FotoS: JOHAN VAN HEERDEN

=Freddie Olivier kyk moedeloos na waar stormwater deur sy huis op Despatch gestroom het. FotoS: JOHAN VAN HEERDEN

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die wind was so warm dit het eintlik gebrand. Toe kom hang die swart wolke oor Despatch en maak hul sluise vir ’n hele 20 minute wawyd oop.

Só het Hannes Slabbert, ’n inwoner van dié dorp, verlede Donderdagmiddag se reënbui, wat volgens sy reënmeter 28 mm laat val het, beskryf.

Ander, soos Freddie Olivier, praat sommer reguit van ’n wolkbreuk wat vir ’n paar fratsvloede gesorg het.

Die water het minstens ’n halfmeter diep deur Olivier se huis in Alwynstraat gestroom en by Despatch Superspar moes motor- bestuurders lank wag dat die opgedamde water sak. Die aangrensende Dr Rabiestraat het soos ’n rivier in vloed gelyk.

“Dit was ’n wolkbreuk,” het Olivier verslae uit sy huis in Despatch gesê. “Ek weet nie eens waar om te begin nie. My yskas, boeke . . . alles is beskadig in die modder- water.”

Olivier het aan die UD Nuus vertel dat die watersloot agter sy grensmuur, tussen sy eiendom en die R75 hoofweg, glo verstop is weens ’n afgekapte boom en gesnyde gras.

“Die ouens wat die padwal se gras sny en skoonmaak los alles in die sloot.

“Een maal ’n jaar, vir die afgelope paar jaar al, maak ek en my buurman daar skoon. Die plan was nogal om nou in Januarie dit te doen.”

Volgens Olivier het die geblokte sloot die reënstorm se water laat opbou en gevolglik met ’n fors deur sy erf laat stroom.

“Dit het so vinnig en baie gereën. Die reën het in die sloot afgekom en die water kon nie verder gaan nie, toe kom dit deur my erf en huis.”

Olivier sê daar is geen vertrek in sy huis wat nie sowat ’n halfmeter onder water was nie. “Alles is sopnat.”

“Selfs in my garage het die water ’n kompressor en 20 liter oliekan omgedop.

“Gelukkig was my Beach Buggy nie daar nie anders het dit oor sy enjin gestroom,” het Olivier gesê.

Terwyl die Oliviers in rep en roer is om plankvloere te vervang en die huis op te ruim, krap die versekering nog kop oor by wie hulle hul geld moet verhaal, die Nelson Mandelabaai munisipaliteit of Suid- Afrikaanse padagentskap (SANRAL)?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.