Vlakvarke langs R75-pad lei tot motorongelukke

2016-07-21 06:00
<Frederick van der Mescht het sy Opel die verlede week op die R75 tussen Uitenhage en Kirkwood afgeskryf nadat die motor voor hom vir ’n vlakvark gerem het. Dit is een van minstens drie ongelukke wat die afgelope maand as gevolg van vlakvarke in die pad veroorsaak is.  Foto: frederick van der mescht

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vlakvarke wat oor die R75 tussen Uiten-hage en Kirkwoord hardloop, het die afgelope maand tot drie ernstige ongelukke gelei.

In die mees onlangse voorval het ’n man van Port Elizabeth, Frederick van der Mescht (30), sy Opel afgeskryf omdat die motor voor hom vir vlakvarke gerem het.

“Die motorbestuurder voor my het skielik rem getrap vir ’n groep vlakvarke wat oor die pad gehardloop het en ek het uitgeswenk en teen ’n aankomende motor gebots,” sê Van der Mescht.

Hy het wonde aan sy knie en arm opgedoen. Ander motoriste wat onlangs op die pad van Uitenhage tot by die afdraai na Kirkwood weens vlakvarke in ’n motorbotsing was, het met gekraakte ribbes in die hospitaal beland.

Volgens Van der Mescht se pa, Freddie, is daar baie vlakvarke langs dié pad.

“Dit is seker die droogte wat die varke nou na die plase dryf en gevolglik ’n hengse gevaar vir motoriste inhou.”

Freddie sê hy het verlede week meer as 15 vlakvarke langs die sowat 30 km getel.

“Iemand sal iets moet doen om die varkpes uit die pad te hou. Maar die vraag is net wie se verantwoordelikheid is dit,” vra Freddie.

Prof. Pieter van Niekerk van die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) se departement landbou en wildbestuur het by navraag gesê “om te jag langs of op ’n hoofpad is ’n oortreding”.

Hy meen die gevaar van vlakvarke op die paaie wat motorongelukke veroorsaak, is soortgelyk aan koedoes wat voor motors in hardloop.

“Die motoris kan slegs ’n wildboer dagvaar as hy of sy kan bewys daardie dier behoort aan die eienaar.

“Dit is tans bitter droog en die vlakvarke gaan soek natuurlik nou die groenigheid langs die pad. Dit is dus die boere of enige grondeienaar wat wild besit in die omgewing se verantwoordelikheid om die wildgetalle korrek te bestuur.”

Hy sê vlakvarke moet veral streng beheer word, aangesien die spesie ’n 100%-teelkoers het.

Arthur Rudman, eienaar van die plaas Blaauwkrantz wat langs die R75 geleë is, sê hoewel hy nie wil nie, het hy die afgelope week reeds 20 vlakvarke wat naby aan die pad se grensdraad was, geskiet.

“Vlakvarke is die vierde gewildste spesie wat deur toeriste by ons gejag word.

“Die spesie bied ’n baie goeie inkomste vir ons. Ek verstaan die gevaar wat die diere vir motoriste en motorfietsryers hier rond inhou.”

Tog blameer Rudman die nalatigheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) wat glo nie hul verantwoordelikheid nakom deur die grensdrade te herstel nie. “Die meeste van die grensdrade is vrot, vol gate en geroes. Geen wonder die varke kom so maklik uit nie.”

Sanral het nie op navrae gereageer nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.