VLV Carpe Diem palm bekers in by 83ste konferensie

2017-03-23 06:02
=Hier is van VLV Carpe Diem se lede (van links) Marietjie van der Walt, Laurinda Sansom, Amanda Bosman, Anien Minnie, Gené Crause, Jenny Watkins, Cora Maneveldt en Elsje Ferreira by die bekers wat die tak gewen het.                     Foto:HEILIE COMBRINCK

=Hier is van VLV Carpe Diem se lede (van links) Marietjie van der Walt, Laurinda Sansom, Amanda Bosman, Anien Minnie, Gené Crause, Jenny Watkins, Cora Maneveldt en Elsje Ferreira by die bekers wat die tak gewen het. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die 83ste VLV-konferensie van Sirkel Middelland is by die Kontrei Gastehuise op Uitenhage aangebied met Hanekam, ’n VLV-aandtak, as die gasvroue.

Lana van Niekerk, kankerpasiënt in remissie, was die geleentheidspreker en het ‘n besielende boodskap gelewer, oor “Aanpasbare Vroue”, vanjaar se tema vir VLV Kaapland. Sugnet van Wyk van Uitenhage het gepraat oor “Geestesweerbaarheid in die tyd waarin ons leef” en Wilandie Strydom, Koekedoorfinalis 2016, het ‘n demonstrasie gelewer en per videovertoning gewys wat alles agter die skerms in “Die Stoor” plaasgevind het.

Vroue van die VLV Carpe Diem oggendtak op Uitenhage, het skoonskip by die konferensie gemaak en verskeie bekers gewen. Hul wen 1ste pryse vir Naald- en Borduurwerk sowel as vir die meeste punte in die Leefstyl-kategorie, wat ook brei-, hekel- en weefwerk insluit. So-ook ’n 1ste prys vir Fotografie. Hulle wen ook bekers vir die tak wat die meeste nuwe lede gewerf het, vir gemeenskapsbetrokkenheid en was die algehele wenner van alle kategorieë.

“Dié tak het ook baie jonger lede en van hulle het gewaag om vanjaar saam met ouer dames mee te ding en van hulle het vir die oueres ook gewys hoe dinge gedoen kan word,” sê Marietjie van der Walt, voorsitter van VLV Carpe Diem.

Brei- & hekel werksessie

Carpe Diem hou op 6 April om 09:30 in die Winterhoek-kerksaal ‘n werksessie om beginners, asook meer gevorderde dames, die vaardighede van brei- en hekelwerk te leer. Skoolmeisies is welkom. Dit is R20 en sluit ligte verversings, wol, breinaalde en hekelpenne in.

  • Navrae: Jenny Watkins 041 991 0971 / 083 442 9662, of Elsje Ferreira 041 922 7522 / 083 578 1312.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.