Wasgoedpennetjie-kompetisie hou bejaardes ‘op-en-wakker’

2016-08-11 06:00
<Willem de Klerk (in rolstoel) wenner van die Age-in-Action wasgoedpennetjie-kompetisie saam met Elva van Zyl, van die departement van maatskaplike ontwikkeling, waar sy die distriks-koördineerder is vir dienste aan bejaardes.    Fotos: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Wasgoedpennetjie-kompetisie vir bejaardes in rolstoele is vanjaar vir die eerste keer op Uitenhage aangebied as deel van die Age-in-Action program om lewenskwaliteit van dié senior burgers te help bevorder.

Elva van Zyl, van die departement van maatskaplike ontwikkeling, waar sy die distriks-koördineerder is vir dienste aan bejaardes, het dié aktiwiteit by ACVV Aandmymering bygewoon en was verheug oor die deelname.

“Hierdie is ’n manier om bejaardes aan te moedig om aktief te bly, hulle spiere aan die gang te hou en veral die hand-oog-koördinasie te stimuleer. Dit is belangrik vir hulle mens-waardigheid en in die algemeen om hul lewenskwaliteit te verbeter.

“Daarby is dit sommer gratis terapie vir ons mense in rolstoele. Oefening help dat hulle hul onafhanklikheid behou en self oor die weg kom,” sê Van Zyl.

Die kompetisie behels twee wasgoedlyne, ’n meter uitmekaar en 1.2 meter hoog, met wasgoedpennetjies aan die een lyn vasgeknyp. Deelnemers in rolstoele sit tussen die lyne en dan word daar gekyk wie kan die meeste wasgoedpennetjies in ’n minuut, van een lyn na ’n ander oorknip.

Deelnemers was van Uitenhage en Port Elizabeth. Dit was uiteindelik die haan onder die henne, Willem de Klerk (64) van Louis Dubb tehuis, wat gewen het. Hy het 29 wasgoedpennetjies in ’n minuut oorgeknip en gaan nou die Nelson Mandela Metropool verteenwoordig op provinsiale vlak.

“Ek was eintlik bietjie geworry, want ek het gehoor hierdie vroue knyp 33 wasgoedpenne-tjies in ’n minuut vas,” het De Klerk gesê, wie se bene in 2006 geamputeer is.

“Laasjaar het ek my eerste goue medalje op die nasionale spele [Golden Games] gewen. Dit was na drie jaar se oefen! Die truuk is, hou jou oog op die pennetjie en hou die lyne stil.”

In die Age-in-Action aktiwiteite gaan dit nie soseer oor kompetisie nie, maar deelname en sosiale interaksie.

Van Zyl sê, “Dit is goed as bejaardes sosiaal verkeer met mense buite hulle bekende omgewing. Die program is regtig suksesvol en het ’n positiewe impak op bejaardes se lewens. Ons kry jaarliks al meer inskrywings en dit is absoluut ’n belewenis om te sien hoe op-en-wakker en aktief van die bejaardes is.

“Die bestuur van ACVV Aandmymering het vir ons weereens gewys wat moontlik is. Dit is so belangrik dat bejaardes in tehuise aangemoedig word om van waarde te wees, van waarde te voel en om hulle waardigheid te behou,” het Van Zyl gesê.

Die ACVV Aandmymering Age-in-Action deelnemers word afgerig deur Leonen Wonni Davis.

Vanjaar se Golden Games provinsiale ronde, waaraan die Age-in-Action wenners uit 7 distrikte gaan deelneem, word in September in Oos-Londen gehou. Daar is selfs ’n bejaarde mans- sowel as vroue- sokkerspan wat gaan deelneem.

Die Golden Games nasionale spele word gedurende Oktober in Limpopo gehou. In 2014 was die Oos-Kaap die wenners van die nasionale spele en verlede jaar die naaswenners.

Die Golden Games is een van die grootste internasionale programme vir bejaardes, maar Suid-Afrika het nog nie op dié vlak begin deelneem nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.