Wat kom eerste - ’n gesonde liggaam of gees?

2016-06-30 06:00
Sonja Swanepoel en Nicky Human. Foto: HEILIE COMBRINCK

Sonja Swanepoel en Nicky Human. Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar word gesê ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Maar wat kom eerste, ‘n gesonde liggaam of ‘n gesonde gees?

Sonja Swanepoel en Nicky Human is twee fiksheids-instrukteurs wat glo dat gesondheid ‘n holistiese storie is. En dat alles by ‘n gesonde gees begin.

Die twee vroue, onbekend aan mekaar, was onderskeidelik op hul eie lewensreise voordat hulle paaie gekruis het by ’n punt wat vir beide die bestemming van hul reis was: help ander om die vreugde te ervaar van ‘n gesonde gees en liggaam.

“Ek het onlangs teruggekeer na ‘n toer deur Israel. My gees was opnuut vervuld en ek was weer lus om aktief te wees. Vir té lank het ander pligte my passief gehou,” se Sonja, wat die afgelope 18 jaar die Hard Bodies Gym op Despatch besit. Sy is ook ‘n eiendomsagent by Chas Everet.

In dieselfde tyd wat Sonja in die antiek- historiese landskappe gereis het, was Nicky Human op ‘n ander reis. ‘n Geestelike reis, met die hartsbestemming om mense te help wat fisieke oefening nodig het. Veral om te help met rehabilitasie-oefeninge. Nicky het haar eie gymnasium op Uitenhage besit en besluit om dit op te gee om voltyds uit te reik na mense wat afhanklik is van oefening om hul lewenskwaliteit te verhoog.

Dié Springbok fiksheids-instrukteur het in 2014 ‘n derde plek by die wêreld-kampioenskappe in Italië gewen en in 2015 ‘n sesde plek in Barcelona behaal. Nou is sy deel van Hard Bodies Gym waar sy mense help met oefeninge om te herstel na siekte, operasies of beserings.

“Van my kliënte is te swak om gym toe te kom, dan gaan ek na hul huise en werk ‘n program uit wat in hul huise ge-oefen word. Ek help tans ‘n vrou wie se been geamputeer is om haar liggaamspiere sterk te kry sodat sy met krukke kan loop. So-ook help ek ‘n man wat beroerte gehad het om sy spiere sterk te kry sodat hy kan loop.

“Vir my gaan dit meer oor geestelike fiks-heid. Ek voel geroepe om te gaan waar die Here my stuur om mense te help. ’n Mens se geestelike gesindheid is belangrik. My filosofie is if you can change your mindset you can change your life.

“Dit is ‘n kopding. As jy in jou kop die keuse gemaak het om te begin oefen - wat ook al jou motivering is - dan het jy klaar jou eerste oefening na ‘n gesonder leefstyl agter die rug,” se Nicky.

Sonja sé oefening gaan vir haar oor “liggaam, siel en gees en ‘n mens het ‘n verantwoordelikheid om dit in harmonie uit te leef.

“Dit is soos ‘n kokon gevul met ‘n gesonde gees wat in gedagtes opbreuk en ‘n vlinder word wat sy mooi vlerke begin klap en dan vlieg.”

Nicky stel oefenprogramme saam wat spesifiek gemik is om spiere te versterk en probleemareas te rehabiliteer. Sy is in die proses van verdere studies, om te spesialiseer in spierontwikkeling by kinders.

  • Vir meer inligting bel Nicky 078 373 1605.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.