Water loop al 7 maande in straat af

2017-04-20 06:00
=Hier is een van die twee waterlekke op die hoek van Noord- en Ackermanstraat op Despatch waar water vir die afgelope 7 maande vermors word. Foto:HEILIE COMBRINCK

=Hier is een van die twee waterlekke op die hoek van Noord- en Ackermanstraat op Despatch waar water vir die afgelope 7 maande vermors word. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vir die afgelope 7 maande is daar ’n waterlek op die hoek van Noord- en Ackermanstraat in Despatch. Inwoners het die waterlek by die munisipaliteit aangemeld, maar die water loop steeds straat af na ’n stormwatergat.

“Ek is seker dit is honderde liter water wat per dag hier in die straat afvloei. Ons het waterbeperkings en ek glo nie hierdie kan ge-ring geag word nie,” het Andries Delport, ’n inwoner van die straat gesê.

Volgens hom het hulle in Oktober 2016 opgemerk dat daar ’n waterlek is toe hulle grasperk geilgroen begin groei het.

“Ons het dit aangemeld en kontrakteurs het aan die waterlek kom werk, maar dit is steeds nie reg nie. Ons het weer gebel maar niemand was intussen hier hie.

“So twee maande gelede het daar nog ’n waterlek so paar meter van die ander een af bygekom. Uit hierdie een lek daar baie meer water,” het Delport gesê.

Corrie Delport sê sy het die afgelope tyd verskeie maal die waterlekke aangemeld by die munisipaliteit se tolvry dienssentrum.

“Die laaste oproep was op 23 Maart en die verwysingsnommer 913989 is vir ons gegee. Dit maak my bekommerd dat die waterlekke nie reggemaak word nie,” het Corrie Delport gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

EFF wins Wits SRC elections

2017-10-20 08:52

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.