Water só ‘vrot’ inwoners wil nie stort

2016-07-21 06:00
Despatch vrot water Foto: MORNÉ DU RANDT

Despatch vrot water Foto: MORNÉ DU RANDT

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Daar is geen antwoorde oor hoekom die water van Uitenhage en Despatch al die afgelope vier weke soos grond en vrot damwater ruik nie.

Nie eers munisipale beamptes kan reguit sê hoekom dit só is nie, maar tog, tot ontstelde inwoners se verbasing, is die water getoets en ‘skoon’ bevind.

Die uitslae is só met Francois Greyling DA-raadslid vir Despatch en omstreke, gedeel:

“Liewe Francois, die jongste bakteriologiese, fisiese en chemiese resultate van monsters wat geneem is in die Despatch- en Uitenhage-omgewing, voldoen aan die SANS 241 gespesifiseerde perke vir drinkwater.”

Lucretia Green, adjunk toesighouer van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit se operasionele sentrum vir water en sanitasie het verlede week aan Angela Sandells van Uitenhage verduidelik dat daar die afgelope paar maande opgraderingswerk by die Nooitgedacht-waterskema gedoen is.

“Ekstra voorsorgmaatreëls is geneem om die water te behandel, maar dit bly 100% veilig en drinkbaar,” het Green gesê.

Maar intussen wil van die inwoners nie eers stort nie, “want die stank trek in ons velle in.”

“Die water lyk asof dit uit ’n bottel kom, maar sodra jy dit ruik, kan jy agterkom dat dit nie reg is nie,” het Riaan van Breda (25) gekla.

“Ek glo dit glad nie dat die water veilig is om te drink nie. As die uitslae skoon teruggekom het, moes iemand óf die water óf die uitslae gedokter het,” het hy opgemerk.

Heike Hagelmann (55) van Blouwaterbaai is selfs te bang om dié water as drinkwater aan haar honde te bied. Sy sê dat sy op 8 Julie ’n klag oor die water by die munisipaliteit gelê het. Beamptes was verbasend vinnig by haar huis om watermonsters te kom neem, het sy bygevoeg. Sy het egter nog geen uitslae ontvang nie.

Sandra Lategan van Despatch vat nie ’n sluk van dié ‘vrot’water nie en is ook te bang om haar wasgoed te was. Selfs tandeborsel is ’n probleem “want jy kry nie die watersmaak uit jou mond nie.”

Cathy Oldham (48) van Vanes Estate in Uitenhage het lankal haar kinders verbied om die water te drink.

“Dit ruik soos lusern of soos muf,” verduidelik sy.

Toe die munispaliteit om amptelike kommentaar genader is, het Mtubanzi Mniki, munisipale woordvoerder die kontaknommers en adresse van die ‘water-klaers’ gevra sodat beamptes hul water kan toets, en eers daarna sal hy kommentaar lewer.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.