Winterfees vol woema vandag gehou

2016-06-16 06:00
=Bergfietsryers gaan vandag ’n splinternuwe roete op Despatch aanpak. Hier is (van links) Anton Bouwer, Kobus de Kock, Gerrit Rautenbach en Anton Bouwer junior .     Foto: HEILIE COMBRINCK

=Bergfietsryers gaan vandag ’n splinternuwe roete op Despatch aanpak. Hier is (van links) Anton Bouwer, Kobus de Kock, Gerrit Rautenbach en Anton Bouwer junior . Foto: HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Bergfietsry is die snelgroeiendste sport in Suid-Afrika en op Despatch en Uitenhage trap fietsryers fluks as deel van dié statistiek. ’n Splinternuwe bergfietsbaan word vandag tydens die Despatch Dagbreek Winterfees ingewy, of is dit dan eerder ingery!

“Ons wil groot gaan hierdie jaar. Elke jaar is daar al meer deelnemers aan dié Winterfees se pretstap/saamsleep en bergfietswedren,” sé Piet Veldtman, een van die organiseerders.

“Hier is so baie mense wat mal is oor sport en wat deelneem aan kompetisies van statuur soos Ysterman en Comrades. Dit is lekker om hulle ook te sien by ons plaaslike aktiwiteite.

“Die saamsleep, waar mense met hulle honde (aan halsbande) kan stap is ook gewild. Soms weet ’n mens nie wie ‘sleep’ vir wie nie. Soms trek honde hul eienaars en ander kere sien jy weer eienaars wat hulle honde trek.”

Buiten die buitelug-aktiwiteite is daar ook stalletjies waar handewerk, kuns en allerlei ander snuisterye uitgestal word. Kosstalletjies word deur die kerk self beman.

“Die bergfietsroete is 19 kilometer waarvan slegs ’n kilometer op teer is voordat die ryers die grondpaaie aanvat.

“Die roete is vanaf Laerskool Frans Conradie se sportgronde na die riviervallei en dan om na Jachtvlakte met die eindpunt waar deelnemers onderdeur Klinicare se groot opblaas-geuwel op die sportgronde ry.”

Die pretstap en fietstrap begin om 08:30 en registrasie is vanaf 07:00. Daar is ook ’n 5km fietstrap vir die kleinspan.

Die prysuitdeling is om 11:30 en alle deelnemers wat die onderskeie roetes voltooi sal medaljes ontvang. Inskrywingsvorms is be-skikbaar by Despatch Klinicare en Budget Bicyles.

  • Vir meer inligting of om stalletjies te bespreek bel Piet Veldtman by 082 879 6332.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
PARTNER CONTENT
INFOGRAPHIC: New thinking required for retirement

Everything we believe about retirement is fast becoming outdated.

PARTNER CONTENT
WATCH: How education can change a life

A university education gives students the chance to create a better future for themselves, their families and to opportunity achieve their dreams.

/News

Book flights

Compare, Book, Fly

Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.